’n Miljoen liggies vir kragbesparing
NamPower versprei LED-gloeilampe
Augetto Graig - Van Maandag gaan NamPower ’n miljoen energiebesparende gloeilampe, tot ses per huisgesin, landswyd gratis begin versprei in ’n poging die land se elektrisiteitsverbruik in veral spitstye te verminder.
Die 1MLED-veldtog, soos die projek van N$135 miljoen bekend staan, is gister amptelik deur mnr. Kahenge Simson Haulofu, besturende direkteur van NamPower, in Windhoek van stapel gestuur. Na verwagting sal tussen 30MW en 50MW tydens piektye gespaar word wanneer die projek teen Mei 2017 afgehandel is.
Elke huisgesin sal tot ses nuwe gloeilampies kry om veral in hul sitkamer, kombuis en gang te gebruik. Die LED-ligte kom in 9W of 14W en kan elk tot 15 000 ure hou - vir tien jaar as die ligte vier ure per dag aan is. Ou gloeilampe sal ingesamel en terug aan NamPower verskaf word om te vernietig.
Sowatt 650 werklose jeug, aangestel en opgelei deur LexTechnologies en NamEnergy Resources, sal ontplooi word. NamPower sal die twee plaaslike maatskappye deur die verspreidingsproses bestuur en inligting wat gedurende die proses versamel word, vir toekomstige ontleding aanteken.
NamEnergy Resources en Evale Investments het die kontrak gekry om die gloeilampe aan te koop. Volgens mnr. Szacky Nujoma van NamEnergy kom die LED-ligte van ’nPhillips-fabriek in China.
NamEnergy is verantwoordelik vir die verspreiding in dele van Windhoek, by die kus en oor die hele Suide.
Mnr. Wonder Mushonga van LexTechnologies sê hulle het plaaslike owerhede in die Noorde genader vir hulp om geskikte werklose jong mense te identifiseer.
Voordeel was aan jeugdiges sonder kwalifikasies gegee en hulle is vir drie dae in onder meer die teorie, praktiese toepassing en die gebruik van ’n GPS opgelei. LexTechnologies het die jeugdiges met groen uniforms en identiteitskaartjies toegerus.
Volgens die projekbestuurder, mnr. Eino Nanjemba van NamPower se departement van kragstelselontwikkeling, is die totale begroting vir die veldtog N$135 miljoen.
Hiervan is N$95 miljoen aan die koop van die gloeilampe bestee, N$5 miljoen vir meting en verifikasie en nóg N$5 miljoen vir publieke bewusmaking.
Volgens Haulofu sal die projek merkwaardige besparings meebring, aangesien spitstydverbruik duur is. “Vir ’n belegging van N$135 miljoen is ’n besparing van 30MW tot 50MW tydens spitstye ’n dramatiese opbrengs. ’n Mens kan nie vir dié geld ’n kragstasie bou wat soveel krag kan verskaf nie,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie