Ná 'n kwarteeu jaag almal steeds Luketz se rekord
Padwedlope
Des Erasmus - Vyf-en-twintig jaar gelede het die legendariese Luketz Swartbooi die Rössing-marathon in 2 uur 11 minute 23 sekondes afgedraf. Op sy rekordtyd kon niemand nog verbeter nie.
Op 11 Februarie kry Namibië se eie, asook besoekende marathonatlete weer 'n geleentheid om Swartbooi die kuns na te doen wanneer die jaarlikse grote op Swakopmund aangebied gaan word.
Aan die Namupala-egpaar van die NDF, Reonard en Alina, gaan die byeenkoms 'n driedubbele uitdaging bied. Reonard sou dit graag twee op 'n streep in die Rössing wou maak; as egpaar kan hulle die tweede jaar ná mekaar die wenners wees en Alina kan dit in die marathon vir vroue die vyfde agtereenvolgende wenjaar maak.
Sou Reonard na Swartbooi se rekord mik, sal hy 'n bietjie voet moet neersit. Net meer as tien minute staan nog tussen sy 2 uur 22 minute 03 sekondes van verlede jaar en Swartbooi se 2 uur 11 minute 23 sekondes in 1992.
Sou op die rekordtye vir mans of vroue verbeter word, sal nóg N$1 000 op die wenners wag.
Besonderhede oor vanjaar se Rössing-marathon is deur die uraanmyn Rössing in 'n mediaverklaring verstrek. Swakop Striders gaan weer die aanbieders wees en benewens die marathon oor 42,2 km gaan daar ook 'n korter snelitem oor 10 km wees.
Aflosspanne van die uraanmyne gaan dit met spanne van vier – 2,5 km per atleet – oor 'n afstand van 10 km uitspook.
Net vir die pret gaan daar soos elke jaar ook 'n item vir drawwers en stappers oor 5 km wees.
Vanjaar beloop die prysgeld van die Rössing N$70 000. Vir die wenners van die volle marathon sal N$10 000 die loon vir die man en die vrou wees. Rössing sal vir die ontwikkeling van die talent van die wenners met 'n program van nog N$20 000 vir die kampioenjaar instaan.
Drawwers in die tweede, derde, vierde en vyfde plekke sal onderskeidelik N$5 000, N$2 000, N$1 000 en N$500 kry.
In die afloswedloop oor 10 km word vir manspanne, vrouespanne en gemengde spanne (twee mans en twee vroue) van die verskillende uraanmyne voorsiening gemaak. Die prysgeld vir die spanne in die eerste drie plekke is N$1 500, N$1 000 en N$500.
Vir die marathon is inskrywingsgeld vir atlete van Namibië en lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) N$60 en vir ander atlete N$100. Vir die N$10 km-wedloop is die inskrywingsgeld N$40 (N$60 vir atlete buite die SADC en ander buitelanders).
Volledige besonderhede oor die Rössingmarathon word op die webtuiste www.rossing.com verstrek. Belangstellendes kan ook met Frank Slabbert (tel. 064 405788, sel. 081 240 3383) van Swakop Striders of Botha Ellis (tel. 064 520 2426, sel. 081 286 0456) skakel.
Deelnemers aan die volle marathon sal om 07:00 by Swakopmund se Vineta-Noordveld wegspring.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie