'n Nasie in die wildernis
DR. JOHAN LOUW VAN SWAKOPMUND SKRYF:
Ek het met ontsteltenis kennis geneem van die plan om moontlik aborsie te wettig. Ek neem ook kennis van die menseregtegroepe se ondersteuning van die plan, hul slim uitsprake in die verband en die verheffing van die Grondwet bo die Woord van God.
Namibië is op die verkeerde pad en volg 'n misleidende stem. Ons is vinnig besig om soos ons buurman in die Suide te raak en agter elke verleidende, liberale stem aan te loop en te buig voor Satan. Ons sien die agteruitgang van Suid-Afrika asof die toorn van God oor hulle losgebars het en die Here hulle oorgegee het aan eie begeertes en sonde.
Ek wil Namibië waarsku met die volgende: Moses het die Israeliete gewaarsku om nie die goddelose gebruike van hul Kanaänitiese bure te beoefen nie, wat kindermoord ingesluit het (De. 18:9-14, 12:31).
Die Bybel waarsku ons teen 'n volk wat nie die weg van die Here volg nie. Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder 'n volk. “Dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou.” (Spr. 29:12-18)
Die Bybel sê ook: “n Regeerder wat hom aan leuens steur, het naderhand net goddeloses in sy diens.”
Die Spreuke-boek praat nie net met mense nie, maar ook met volke, nasies en hul heersers. Die man wat heers moet die voorbeeld stel. Dit geld vir die regeerder van 'n land, sowel as elkeen wat oor andere aangestel is. Dit praat ook met ons hedendaagse Godsdienstige leiers wat swyg as die bandeloosheid intree. Hulle het stom geraak en die wagters op die mure waarsku nie meer nie.
Daar moet orde, wet en dissipline wees. 'n Mens hoor dit uit die boek van Spreuke in woorde soos leuens, verdruk, reg laat geskied, pak slae, teregwysing, opvoeding, gerus wees en gaan goed met elkeen. Die strekking van al hierdie woorde is die reëls wat toegepas moet word binne die volksbestaan, in opdrag van 'n Heilige Almagtige God.
Die Namibiese nasie vergaan oor hul gebrek aan kennis en wat God se Woord sê oor kindermoord en dus aborsie.
Die geskiedkundige dimensie van die aborsiegeskil is ontnugterend, maar wat van die morele vraagstuk? Is aborsie reg of verkeerd?
Wat sê die Bybel? Die apostel Paulus skryf: “Maar iemand wat vir sy eie (gesin) . . . nie sorg nie, het die geloof verloën.” (1 Ti. 5:8).
Sal enigiemand redeneer dat 'n Christen vir 'n gesinslid kan sorg deur hom dood te maak? Onthou: een van die Tien Gebooie veroordeel moord spesifiek (Eks. 20:13). Met ander woorde, enige geboortebeperkingsmetode wat aborsie tot gevolg het, is verkeerd.
Daar is talle ander leerstellings in die Skrif wat dit duidelik maak wat God se siening oor aborsie is. (Bv. Jer. 1:5; Ps. 139: 13-16, Eks. 21: 22-25; Gal. 1:15-16).
God beskou 'n baba in die moederskoot as 'n lewendige mens. Vir die Christen is aborsie nie 'n kwessie van 'n vrou se reg om te kies nie. Dit is 'n saak van die lewe of dood van 'n mens wat geskape is in God se beeld (Ge. 1:26-27; 9:6).
Namibië, mooie en geliefde land, die Bybel maak dit baie duidelik: Afvalligheid is 'n bose, bitter ding – en dit het verskriklike gevolge. “Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerigheid sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die Here jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die Here van die leërskare. ” (Jer. 2:19) “Nogtans het Ek jou geplant as 'n edele wingerstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van 'n vreemde wingerstok?” (Jer. 2:21) Die Here sê, “Hoe kon jy van My af weggedraai het, as Ek jou geplant het en probeer het om jou te vestig? Jy het egter weggedraai en weggeloop!”
Is ons nie alreeds besig om die prys vir ons ongehoorsaamheid te betaal nie? Is dit nie hoekom ons geteister word met droogtes, misdaad, 'n swak ekonomie, korrupte amptenare en swak leierskap in alle sektore nie?
Luister na God se stem en eer sy Heilige Woord en staan op vir hierdie land en staan op vir God se Woord en verklaar: “So spreek die Here en draai om terwyl God nog genadetyd gee.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie