'n Noodkreet namens die San van Tsumkwe
'n Noodkreet namens die San van Tsumkwe

'n Noodkreet namens die San van Tsumkwe

Dani Booysen
HENDRIK VAN ZYL SKRYF ­NAMENS DIE SAN-GROEP, ­TSUMKWE-GEBIED:

Ek skryf die brief namens die mense saam met wie ek werk. Dit is die hele Tsumkwe-gebied, Oos en Wes.

Ek het laat in Januarie weer, soos die afgelope 10 jaar, 'n vergadering gehad met die kerkleiers van die twee San-gemeentes (hulle verkies "Boesman") in die gebied. Die stories wat na vore kom en waarvan ek in hierdie periode bewus gemaak is, bly hinder.

Ek het hulle in hulle onderskeie gemeenskappe aangemoedig om self hulle sake te stel, natuurlik aan die regering. Dit is per skrywes gedoen. Sommige het in die koerante verskyn; ander is aan die huidige president gerig; ook aan die Ombudsman. Van die sake het weinig of niks gekom nie.

Op hulle aandrang, skryf ek hierdie brief. My bekommernis, saam met hulle, is dat ek nie weet of die regte persone die brief sal lees nie; en indien dit wel gelees word, of daar iets aan gedoen gaan word nie. Dit bly 'n uitdaging.

Wat ook genoem moet word, is dat beide dele van Tsumkwe, Oos en Wes, bewaarareas is. Die een in die Ooste is inteendeel die oudste in Namibië – dit was onlangs weer in die koerant.

Ek wil begin deur teenoor die regering dank uit te spreek vir die voedselhulp wat aan hierdie mense gegee word. Ek weet dat dit meel, rys, vis en kookolie behels. Natuurlik kom alles nie by almal uit nie, maar die meel is die belangrikste.

Die probleme wat in die Tsumkwe-Oos area ervaar word, is die volgende:



HABITAT ONDER DRUK

Die Sanmense in die bewaararea is geregtig daarop om slegs 50 bees per habitat te vestig. Dit maak nie saak hoeveel mense in die plek woon nie. Dit wissel van 20 tot 100 mense per habitat. Met hulle onlangse jaarvergadering is die getal verhoog na 100.

Op die oomblik is daar ander bevolkingsgroepe wat per persoon meer as die toegelate kwota bees in die gebied het. Dit maak die getal wat die San dan kan hê, minder.

Wanneer hulle daaroor kla, word dit geïgnoreer. Inteendeel, hulle word beskuldig dat hulle "apartheid" wil toepas. Een amptenaar uit die parlement wou weet hoekom daar nie ander volksgenote ook by die vergadering is nie. Terwyl dit die plek is waar die San huishoudelike sake bespreek.

Dit is so dat 'n mens in enige dorp in Namibië kan woon. In Tsumkwe is dit ook nie anders nie.



'INKOMMERS'

Daar is veronderstel om 'n CDC (Community Development Committee) te wees wat die toelating van mense wat in die dorp wil kom woon, moet bevestig. Die “stadsklerk” moet die vergaderings reël. Dit gebeur nie meer so geredelik nie en indien wel, word “inkommers” (soos die San hulle noem) nie by die vergadering bespreek waar toestemming gegee behoort te word nie.

Mense kom met vee en al in om daar te kom bly – met iemand se toestemming. Sinkhuise word soms oornag opgeslaan.

Die vee wei dan in die gebied wat onder beheer van die San-hoofman is en in die bewaararea geleë is. Hy word in geheel geïgnoreer, selfs ook as hy en sy tradisionele raad toestemming sou weier.



POLISIE HELP NIE

Hulle vertel van orgaanhandel wat al meer begin kop uitsteek in die gebied. Om een geleentheid te noem: 'n Vrou is blykbaar dood in die dorp gekry. Met nadere ondersoek deur die gemeenskap is gevind dat dele van haar uit-/afgesny is en die klere weer reg aangetrek is sodat dit moes lyk of sy van dronkenskap daar beland het.

Die saak is by die polisie aanhangig gemaak. Hulle het die persoon kom wegvat en dit was die einde van die saak.

'n Man het 'n klag gaan lê oor sy vrou wat weg is. Die antwoord van 'n polisieman was dat hy eers sy vrou moet gaan soek. Plekke soos Gobabis en Grootfontein is genoem waar hy moet soek en na vyf jaar kan hy 'n klag kom lê oor 'n vermiste persoon. Die man is einde verlede jaar oorlede sonder om te weet wat van sy vrou geword het of hulp van die polisie te kry.

Die San-mense word aangemoedig om sake te maak by die polisie, maar hulle sê dit help nie, want daar gebeur niks nie.



JAAGTOGTE EN AANRANDINGS

Die mense noem ook dat hulle "gejag" word, sou hulle alleen in die veld loop. Daarom sorg hulle dat hulle meer as een persoon is wat saamloop. Hulle word selfs te perd gejaag. Gelukkig kon twee dit onlangs maak tot by hulle habitat.

Die ruiters wat hulle gejaag het, het gewere by hulle gehad. Die mense sê dat hulle nie geskiet of doodgemaak mag word nie. Die organe moet lewendig uitgehaal word om goeie waarde en krag te hê. Klink onwerklik, maar die mense het 'n ongekende vrees in hulle as hulle hierdie stories vertel.

Van die mense word aangerand deur “inkommers” wat besighede in Tsumkwe het. Indien die saak aanhangig gemaak word, kom daar niks van nie.



WILD EN DRANK

Hierdie “inkommers” jag ook die wild wat die Boesmans nou al so lank bewaar.

Hulle self mag met pyl en boog jag nadat hulle toestemming by die raad gekry het. Die inkommers jag met gewere. Indien die Sanmense by natuurbewaring sou kla, word hulle ondersoek asof hulle die skelm jagters is.

Sjebiens is natuurlik 'n groot probleem in die land. En dit is nie minder so in Tsumkwe nie. Wat sleg is, is dat amptenare van die regering ook eienaars is, selfs polisiemense. 'n Klag werp dus weinig vrug af.

Hulle drink saam al is hulle op diens. Sjebiens bly deurnag oop met genoeg geraas terwyl koswinkels vroeg toemaak. Kinders kan drank koop soos hulle wil. Daar word geen beheer toegepas nie. En Tsumkwe is nie die uitsondering nie.

Die regering gee saad aan die Boesmans om te plant indien dit gereën het. Hierdie is die tweede jaar wat hulle sê dat hulle die saad moet koop rondom Tsumkwe.



TSUMKWE-WES

In Tsumkwe-Wes kan nog bygevoeg word dat van die polisie vir die mense gesê het dat hulle af is en nie 'n saak kan maak nie. Hulle moet op 'n latere geleentheid kom.

Of hulle word gestuur om seker te maak dat die ding waaroor die saak gemaak wil word, regtig so is. ("Is die perd regtig gesteel. Gaan kyk of hy nog is waar jy gesê het wie dit gesteel het.").

'n Saak wat aanhangig gemaak is oor 'n vrou wat verkrag is, is nooit opgevolg nie. Die Tradisionele Raad (TA) sê vir die polisie wat hulle moet doen oor regsake en nie andersom nie.



GROND EN VRYHEID

VAN ­BEWEGING

Die grondkwessie bly 'n netelige saak in hierdie gebied.

Ook hier is gesiene amptenare van die regering by betrokke en daarom kom die saak moeilik van die grond af. Die TA wat beheer oor die grond uitoefen, verkoop dit aan die hoogste aanbieder vir geld. Indien die San-mense aansoek doen om grond en 'n volgende persoon bied meer aan as die N$25,00 se registrasiegeld aan, kry hy die grond.

Die gronde wat met draad toegespan is of word, is die plekke waar die Boesmans hulle kos soek. Nadat dit toegespan is, mag hulle nie meer daar gaan soek vir kos nie. Waarvan moet hulle dan lewe?

Die sake is iewers in verlede jaar met die Ombudsman in Omatako bespreek. Hiervan het ook nog niks gekom nie.

Die vrou wat nou die rol van die “Chief” vervul, het glo 'n neef in die kantoor van die Ombudsman. Oor die hoofvrou is daar ook 'n storie op sy eie – volgens die Sanmense.

Een amptenaar ploeg vir homself landerye met die regering se trekker en diesel wat vir die gemeenskap bedoel is. Dan is daar gewoonlik nie meer genoeg diesel om die ander se landerye te ploeg nie.

(Die name van wie in hierdie skrywe gepraat word, is bekend aan die skrywer en die San.)

Help tog asseblief om hierdie mense ook gelukkig te maak?

Kommentaar

Republikein 2024-09-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 885.30/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla | Leganés 0 vs 2 Athletic Club SerieA: AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City F1: Singapore GP First:Lando Norris McLaren 01:40:53 Second:Max Verstappen Red Bull + 00:00:20.945 Third:Oscar Piastri McLaren + 00:00:41.823 Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 19° | 31° Omaruru: 18° | 33° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 13° | 22° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:45, High tide: 14:07, Low Tide: 20:11, High tide: 02:00 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:05, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Walvis Bay: 12° | 23° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:43, High tide: 14:04, Low Tide: 20:09, High tide: 02:00 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 19° | 34° Keetmanshoop: 20° | 35° Aranos: 17° | 33° Lüderitz: 14° | 22° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 10° | 25° Lubumbashi: 19° | 33° Mbabane: 7° | 19° Maseru: 8° | 20° Antananarivo: 14° | 28° Lilongwe: 17° | 23° Maputo: 13° | 23° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 15° | 28° Durban: 12° | 23° Johannesburg: 9° | 21° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 16° | 23° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.26 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.5 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.15 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.91 | USD to AOA 927.77 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.46 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.42 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1831.97 Down -0.38% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14246.86 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 622.23/OZ UP +1.35% | Copper US$ 4.31/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 885.30/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 74.74/BBP DOWN -0.0019 | Platinum US$ 976.09/OZ DOWN -0.0067