'n Nuttige troue-tydlyn
12 MAANDE
* Stel ’n troudatum vas.* Besluit hoe groot jou troue gaan wees.* Kontak ’n huweliksbeplanner (indien julle een wil gebruik).* Besluit waar die seremonie en onthaal gaan wees en bespreek die plek.* Bespreek die persoon wat julle gaan trou.* Stel ’n begroting op en besluit wie gaan vir wat betaal.* Bespreek die fotograaf.
10 MAANDE
* Stel ’n spesifieke gastelys saam.* Nader ’n ontwerper of boetiek vir jou trourok.* Kies jou gevolg en bespreek hul uitrustings.* Besluit op die spyseniering en bespreek ’n spysenier.* Besoek ’n paar bloemiste oor jou blomme en kies die een waarvan jy hou.* Kies die musikante, orkes en DJ en bespreek so gou moontlik.
8 MAANDE
* Bespreek en vergader met jou bloemis, dekorkonsultant en beligtingspesialis om die styl van jul troue te bepaal.* Indien jy ekstra tafels, stoele of breekgoed moet kry, bespreek dit nou, nadat die atmosfeer en styl van jul troue bepaal is. * Bespreek jou hare- en grimeerkunstenaar. * Begin met die spyskaart- en wynbeplanning. * Stuur ’n “save the date”-e-pos of -kaartjie aan al die gaste.
6 MAANDE
* Stel ’n geskenklys saam. (Onthou om die lys later by te werk, nader aan die troudatum, aangesien sommige items later nie meer op die rak sal wees nie.)* Ontwerp en bestel jou uitnodigingskaartjies.* Sit besonderhede soos jou geskenklys en verblyfvoorstelle by die uitnodigingskaartjies of skep ’n webtuiste vir jou troue.* Begin reël jul wittebrood.
4 MAANDE
* Pos die uitnodigingskaartjies. (As heelparty gaste ver woon, kan jy dit nog vroeër pos.)* Praat met jou aanstaande oor sy en die strooijonkers se uitrustings.* Beplan tafellyste vir die onthaal en kerkprogramme. * Besoek juweliers vir inspirasie van trouring-ontwerpe.* Finaliseer vervoer vir die troudag.* Besluit of julle geskenkies vir die gaste gaan gee en kry dit gereed.
2 MAANDE
* Koop die trouringe.* Raadpleeg ’n prokureur oor die huwelikskontrak en reël die troulisensie.* Bestel drank (as dit nie deur die spysenier verskaf word nie).* Koop bykomstighede wat by jou rok pas.* Laat die strooijonker of een van die bruidegom se vriende die ramparty reël.* Laat een van jou vriendinne of strooimeisies die kombuistee reël.
1 MAAND
* Pas jou rok aan en laat die gevolg ook hul uitrustings aanpas.* Handel die tafellyste af sover jy kan en teken ’n sitplekplan.* Teken finale skryfbehoefte-bestelling af.
1–2 WEKE
* Gaan haal jou trourok.* Maak seker die bruidegom en gevolg se uitrustings is gereed.* Bevestig gastelys (bel genooides wat nie reageer het nie).* Bevestig die aantal gaste, tyd, plek en ander besonderhede finaal met die spysenier.* Bevestig alles met die bloemis, fotograaf, videograaf, DJ en ander diensverskaffers. Maak seker alles is op skrif en dat genoeg tyd gelaat word vir moontlike verkeers- of ander probleme.* Praat met die gevolg en seremoniemeester oor hul take.* Bevestig die wittebroodreëlings.* Reël dat iemand jou trougeskenke huis toe neem ná die onthaal.
3 DAE VOOR DIE TROUE
* Pak jou wittebroodstas.* Bederf jouself met ’n skoonheidsbehandeling of massering (gesigbehandelings niks later as drie dae voor die troue nie).
2 DAE VOOR DIE TROUE
* Doen ’n proeflopie van die seremonie op die plek waar julle gaan trou, min of meer dieselfde tyd as wat die troue gaan plaasvind.
DIE DAG VOOR DIE TROUE
* Sien ons skoonheidskalender vir alles wat jy vandag moet doen.* Gee die ringe vir die strooijonker.* Bring tyd deur saam met jou familie en geliefdes.
OP JOU TROUDAG
* 30 minute voor jy instap: die plekaanwysers moet gereed staan* 20 minute voor jy instap: die musiek begin* 5 minute voor jy instap: die bruidegom se ouers sit* Net voor jy instap: die bruid se ma sit en bruidegom, strooijonker en dominee staan
NÁ DIE TROUE
* Handel laaste betalings af.* Laat jou rok skoonmaak en stuur dit terug as jy dit gehuur het.* Stel alle instansies so gou moontlik in kennis van jou naams- en/of adresverandering.* Stuur dankie-kaartjies aan almal wat die troue bygewoon het of geskenke gestuur het. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie