’n Nuwe huis in haar Kerskous
Vir 15 kinders en hul pleegmoeder van die DRC- informele nedersetting op Swakopmund is Kersfees dié jaar baie besonders.
Hulle het ’n huis van 112 vierkante meter ontvang.
Die huis wat deur die inisiatief van twee inwoners van Swakopmund en ’n nieregeringsorganisasie gebou is, is aan me. Magrietha Salon oorhandig.
Mnre. Johan Kruger en Johan Kotze het die finansiering vir die projek van die Pallium - Research and Aid for Social Projects gekry, ’n organisasie in Duitsland wat al sedert 2004 maatskaplike projekte in Namibië ondersteun.
Pallium ondersteun ook Kruger se inisiatief, Project restoring Dignity and Christian Integrity, wat voedselkoopbewyse aan hawelose en kwesbare mense gee.
’n Maatskaplike werker het vir Kruger en Kotze aan Salon voorgestel. Sy en die kinders het in daardie stadium in ’n klein sinkhuis gewoon met geen meubels nie en die dak het gelek. Hulle het op ou stukkende matrasse geslaap.
Dit het N$147 000 gekos om die huis te bou en meubels en kombuisware ter waarde van N$55 000 is verskaf.
Die huis het vyf slaapkamers, ’n sitkamer, kombuis en twee storte. Salon sorg vir haar eie kinders sowel as vir kwesbare kinders wat sy inneem. Sy gee ook vir straatkinders kos vanuit haar sopkombuis wat deur die plaaslike besigheidsman, mnr. Wilko Aschenborn, ondersteun word. Die geld vir die huis is deur die Lange Rode-stigting in Hamburg, Duitsland, aan Pallium gegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie