'n Nuwe kaptein: Só moet dit werk
JACKY BRITZ SKRYF:
Na vele navrae, telefonies en d.m.v. die media oor die inhoud van die Vaderlike Wette van die Rehoboth Basters, teen die agtergrond van die verkiesing van 'n nuwe Kaptein en die prosedure wat behoort gevolg te word, ten einde dit deursigtig te maak, asook die feit dat dit nie toeganklik is vir almal, het ek dit gerade geag om die volgende met u te deel.
Om dit binne konteks te verstaan is dit nodig om u agtergrond hieromtrent te gee.
Die eerste Kaptein, Hermanus van Wyk, is gekies deur die gemeenskap in 1868 kort voor die trek na die destydse SWA sonder enige Vaderlike Wet. Op die trekpad, meer spesifiek te Warmbad, is 'n stel reëls neergepen om sy taak te vergemaklik.
Die oorspronklike wette van 1868 is nêrens te vinde nie en geskiedskrywers is dit eens dat dit verlore geraak het op die trekpad. In 1872 is die reëls/wette aangepas aangesien dit onvoldoende was. Hierna is daar verwys na die reëls as die Vaderlike Wette of dan die Gemeente Orde soos die van Kommagas. Laasgenoemde wette is weer aangepas in 1874. Dit is duidelik dat dit soos enige grondwet stelselmatig ontwikkel het soos die behoeftes verander het.
Verskeie aanpassings het later gevolg, soos die huwelikswet en die aktewet. Al die wette, tesame, staan bekend as die Vaderlike Wette of ook genoem die Wetboek van die Rehoboth Basters of dan nou die Grondwet van die Rehoboth Basters.
Hoe dit ook al sy, die wette vorm 'n geheel en maak slegs sin as dit as sulks gesien word en nie selektief gebruik word nie. Die wetboek behels 'n magdom van artikels wat ongelukkig nie volledig in die koerant geplaas kan word nie.
Slegs die wette van 1872 hanteer die verkiesing van die Kaptein en Raad asook die Volksraad. Die artikels wat handel oor die verkiesing van 'n Kaptein en Volksraad lees as volg in die Hollandse taal:
Artikel 2: In geval van overlyden (dood) van den Kaptein of als hy genoodzaakt zou zyn, zyn ambt te bedanken, moeten de burgers dadelyk te zamen vergaderen eenen anderen kaptein te kiezen en te benoemen.
Artikel 3: Voor den tyd dat de burgers nog geenen nieuwen kaptein gekozen en benoemd hebben zal de oudste van het twee Raadslieden (en wel de oudste in het ambt) die den kaptein ter zyde staan, als provisionele (waarnemende) kaptein het bestuur overneemen.
Artikel 4: De kaptein heeft een Raad van twee onbesproke burgers ter syde, die van den kaptein zelven te kiezen zyn voor zoo langen tyd het den kaptein goed dunkt.
Artikel 7: Ten einde ook de burgers mede een deel aan de regeering mogen hebben kiezen en benoemen zy hun midden drie onbesprokene burgers als volksraad.
Artikel 8: De Volksraad wordt maar altyd voor een jaar gekozen. Binnen die eerste veertien dagen van het nieuwe jaar moet herkiezen van den volksraad plaats vinden.
Artikel 9: De Volksraad kiest een uit zyn midden als woordvoerder of spreker die het regt heeft den Volksraad zoo dikwels hy het nodig acht te vergaderen.
Artikel 10: De woordvoerder of spreker verhandelt ook in naam van zyn mede Volksraad met de burgers.
Artikel 11: De Volksraad is verplight de belangen van de burgers die hen gekozen waarteneemen.
Artikel 12: Wenschen en begeerten der burgers hebben dezelven hunnen Volksraad mee te delen, die dezen dan den Kaptein en zyn Raad tot kennis brengen, die dezelven in te zien hebben, en als het doenlyk, in hunne wetgewing te behartigen.
Artikel 13: By het kiezen van den Volksraad moet er altyd een uit den Kapteinsraad tegenwoordig zyn, opdat er by het kiezen geene ongeregeldheden voor Kaptein en ryk mogen voorkomen. Maar de Raad heeft hoegenaamd geen regt, als het geregeld gaat, in't afstemmen zigh te mengen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie