'n Nuwe wu00eareld
'n Nuwe wu00eareld

'n Nuwe wêreld

Dani Booysen
Vrydagnag het Namibiërs se lewens dramaties weens hokreëls as gevolg van Covid-19 verander.

Die “nuwe normaal” geld in sekere lande al langer. Elders is inperking strenger en lewenstoestande aansienlik moeiliker.

Ons gaan dalk nie net vir 21 dae in die nuwe wêreld woon en werk nie. Hoktyd kan verleng word.

Wat baie aspekte betref, sal die mensdom hopelik nie bloot op sy ou gewoontes terugslaan sodra dit lyk of die coronavirus verslaan is nie. ‘n Valse gevoel van veiligheid – sonder om ons leefwyses te herbeoordeel en te verander – sal bloot saadjies vir nuwe krisisse plant.

Algemene gesondheid en higiëne sal nooit weer dieselfde beskou kan word nie. Die wêrelde van vervoer, reis, werk, onderrig en baie ander sal onvermydelik verander. Al kan dit nie in ‘n japtrap gebeur nie.

Bravo aan inwoners wat hokreëls nakom en ander aanspoor om dieselfde te doen. Almal moet die erns van die saak besef.

By die skrywe hiervan was daar egter byvoorbeeld steeds geen duidelike en ondubbelsinnige proses hoe om as kritieke of noodsaaklike diens erkenning te kry nie. Beheer is nodig, maar ‘n papieroorlog met permitte sal ekonomiese skade vererger.

Ons uitgawe van vandag sien heelwat anders daaruit as die normale. Dit is weens impakte wat nou reeds eerder as later bestuur moet word.

Die gewone gang van sake geld nie, minstens vir hoktyd. Ons moedig lesers aan om nuus op al ons ander platforms te volg en hoop op ‘n spoedige normalisering.

Selfs dan, sal almal deel van die nuwe wêreld moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!