‘n Ogie op die dam
Om ‘n ogie in die seil te hou, beteken om sake fyn te dophou – ‘n voorvereiste vir goeie, proaktiewe bestuur.
Die waterpenarie waarin boere en gemeenskappe in die verre Noorde hulself tans bevind, laat inwoners hulself opnuut vra of dit die manier is waarop belangrike nasionale sake bestuur word. Die finansiële druk waaronder die regering verkeer, is nie ‘n verskoning vir noodsaaklike onderhoud en opknapping wat blykbaar lankal moes geskied het nie.
Weens verskeie faktore, waarvan water- en kragwerke by die Calueque-dam in Angola ‘n kritieke kwessie is, is die Noorde se oeste in gedrang, twee groot dame het leeggeloop, die gebied se drie groot metropole ervaar waterbeperkings en onder meer skole is in die knyp.
Sekere herstelwerk sal nou minstens drie keer langer duur as wat aanvanklik gereken is.
Gebede vir groot reën gaan nie die probleem oplos nie. Gemeenskappe se tradisies van mededeelsaamheid onthef ook nie die regering van sy plig om inwoners op betroubare grondslag van die lewensnoodsaaklike hulpbron te voorsien nie.
Sedert die Calueque-dam in 1976 voltooi is, het die oorlog natuurlik die projek belemmer, maar ver meer as twee dekades het intussen verstryk. Het iemand nou eers aan ‘n gesamentlike bedryfstruktuur gedink?
Soos met ons mank spoorweë, bly die probleem dat vir baie lank nie voortydig begroot en beplan word nie?
Volgens die regering dreig geen “wateroorlog” met Angola nie. Tog moet plaaslike en oorgrenssake soos dié baie beter hanteer word.
So sê ander
29 Januarie 2018
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die Valke se klopjag op die kantore van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, en van die oud-LUR vir landbou Mosebenzi Zwane in die ondersoek na die bedrogspul met die Vrede-suiwelplaas laat die geraamtes in die ANC-kas ratel.
En dit is nie smallanyama skeletons nie.
Dit is die eerste keer dat wetstoepassers in Suid-Afrika op die kantore van ’n premier én ’n minister toeslaan – en dit op dieselfde dag.
Die vroeë klemskuif sedert Cyril Ramaphosa se verkiesing as partyleier is welkom. Ook ander ondersoeke na staatskaping in die land lyk kragdadig. En oornag het geregsdienaars wonderbaarlik fut gekry.
Korrupsie in Suid-Afrika sal eers werklik gestuit word die dag wanneer amptenare oor wie selfs net ’n sweem van agterdog bestaan, summier en sonder vergoeding hangende ondersoek uit hul pos ontslaan word.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie