’n Ongelyke wêreld
Die gaping in basiese lewenstandaarde is besig om vir miljoene mense oraloor die wêreld te krimp.
Ondanks ongekende vooruitgang in die stryd teen armoede, honger en siektes, funksioneer baie gemeenskappe in die wêreld steeds nie soos hulle moet nie.
Die rede hiervoor is ongelykheid, word in die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) se jongste verslag gesê.
“Verskillende snellers dwing mense strate toe om hul stemme te laat hoor – die prys van ’n treinkaartjie, die prys van petrol, aandrang op politieke vryhede, die soeke na regverdigheid en geregtigheid. Dit is die nuwe gesig van ongelykheid en soos die verslag duidelik maak, is dit nie iets wat nié opgelos kan word nie,” sê die UNDP se administrateur, mnr. Achim Steiner.
Vanjaar se menseontwikkelingsverslag onder die vaandel “Beyond income, beyond averages, beyond today: inequalities in human development in the 21st Century”, sê die gaping in basiese lewenstandaarde is besig om vir miljoene mense oraloor die wêreld te krimp.
Volgens die verslag kom nuwe ongelykhede na vore en veral met betrekking tot onderwys, tegnologie en klimaatsverandering kom ’n nuwe oplewing in gemeenskappe na vore wat nog nie sedert die Nywerheidsrevolusie gesien is nie. In lande met baie hoë menslike ontwikkeling het inskrywings vir vastebreëband (fixed broadband) 15 keer vinniger gegroei en groei die verhouding van volwassenes met tersiêre onderwys meer as ses keer vinniger as in lande met lae menslike ontwikkeling.
“Wat eens iets ‘aangenaam sou wees om te hê’, soos om universiteit toe te gaan of toegang tot vinnige internet te hê, is toenemend belangriker vir sukses. Gelaat met net die basiese, vind mense die sport van hul leer na die toekoms is weg,” sê die UNDP se mnr. Pedro Conceição wat pleit vir ’n meer holistiese manier om lande se vooruitgang verder as ekonomiese groei te meet.
Die verslag ontleed ongelykheid in drie stappe: Inkomste, gemiddeldes en die hede. Dit verwys na die ongelyke verdeling van onderrig, gesondheid en lewenstandaarde wat lande se vooruitgang gestrem het. In ’n poging om ongelykhede op vele vlakke hok te slaan, stel die verslag beleidsrigtings voor, wat onder meer insluit die belegging in vroeë kinderontwikkeling.
“Ongelykheid begin selfs voor geboorte. Dit kan toeneem en in volwassenheid vergroot word in verskille in gesondheid en onderwys.”
Kinders in professionele families in Amerika word drie keer meer blootgestel aan woorde as kinders in families wat welsynsvoordele ontvang, iets wat duidelik in uitslae van toetse later in hul lewe na vore kom. Beleidsrigtings moet belegging in jong kinders se onderrig, gesondheid en voeding insluit. Die verslag fokus ook op produktiwiteit en sê beleidsrigtings om dit te verbeter is nie genoeg nie.
Gebaseer op huidige neigings sal dit 202 jaar duur om net die geslagsgaping in ekonomiese geleenthede te verwyder. Hoewel die stilswye oor misbruik besig is om stadig maar seker te verdwyn, is dit nie die geval met die glasplafon vir vroue se vooruitgang nie.
Volgens die nuwe “sosialenorme-indeks” in die verslag het vooroordeel toegeneem in lande wat beoordeel is. Sowat 50% van mense in 77 lande was dit eens mans is beter politieke leiers as vroue, terwyl meer as 40% meen mans is beter sakelui.
Om die vooroordeel hok te slaan, is beleidsrigtings nodig wat onderliggende vooroordeel, maatskaplike norme en magstrukture aanspreek.
In die die verslag word gemaan ongelykheid is nie net oor hoeveel iemand verdien in vergelyking met sy buurman nie. Dit is die ongelyke verspreiding van rykdom en mag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie