Ná-pandemiese herskikking gaan só lyk
Ons kyk na toekoms deur mistige newels
Dr. Kobus Laubscher – Wie onthou nie die neerdrukkende impak van 'n koue, mistige oggend op die dag se beplanning nie – selfs Hentiesbaai se viswaters kan in soortgelyke onsekerheid gehul wees.
Dit is tans 'n goeie beskrywing van wat gesien word in enige kristalbal ten opsigte van hoe die impak van die pandemie kan uitspeel. Die vraag is waar kan daar kers opgesteek word oor hoe om te maak ná die pandemie?
Ten minste weet ons uit ervaring dat die mis bo die viswaters lig soos die dag vorder en kan die fokus op die blinklywe verskerp.
Die mees onlangse gebeure wat naastenby vergelykbaar is in terme van die omvang en impak, was die 2008-'09- wêreldwye finansiële krisis. Daaruit is aldus Ian Davis, 'n vorige medebestuursvennoot van McKinsey, heelwat lesse te leer. In 'n onlangse publikasie het hy 'n paar interessante parallelle uitgelig.
In die eerste plek is dit duidelik dat afstand weer nuwe betekenis kry. Grenslose markte en vrye beweging was die normaal, maar met die sluit van grense om die verspreiding van die virus te beperk, is daar weer nuwe waarde vir beter grensbeheer.
Volgens die skrywer sal daar 'n hersiening moet kom van wie waarheen kan beweeg. Lande se ekonomieë is kritiek afhanklik van toerisme en die sogenaamde middelklas met sy stygende inkomste het toer en reis as 'n reg begin opeis.
Studies toon meer as 3 miljard mense lewe in lande waar grense nie noodwendig gesluit is vir buitelanders nie, maar dat 93% van die wêreldbevolking nou aan reisbeperkings onderhewig is. Toerisme sal hervat, maar beslis op 'n ander vlak met 'n heel ander impak op die ekonomie. Dit is dan nou al moontlik om virtueel te reis – nog net die geur van bratwurst en die smaak van lekker wyn kort!
Oorgrenshandel sal noodwendig ook 'n gedaanteverwisseling moet ondergaan met veel groter klem op selfvoorsiening.
Die veerkragtigheid van besighede om te kan herstel ná 'n skok is nog altyd 'n sterk oorweging by die evaluering van die meriete van sê 'n aansoek om 'n lening. Die pandemie het die vereistes hiervoor ook herbelig en wat nou moet bykom, is die doeltreffendheid van die veerkragtigheid.
Wat in hierdie opsig ook belangrik is, is of dit nie al by voorbaat bepaal behoort te word as hulp aan besighede vir ná-pandemiese herstel oorweeg word nie. Blindelingse hulp kan dalk finansiële selfmoord word.
Kontaklose ekonomieë is die nuwe normaal. Na wat berig word, het aanlyn transaksies in Italië sedert die begin van Februarie vanjaar met 81% toegeneem. Dit is veral van belang om te let op die toename van dié soort besigheid onder mense van 36 jaar en ouer, wat dit voorheen min of glad nie gedoen het nie. Daar is ook 'n geweldige groei in die vraag na sogenaamde tele-medisyne. Die tegnologie van die dag stel diensverskaffers in staat om pasiënte te konsulteer sonder om hulle fisiek te sien. Astronomiese bedrae word hiervoor aangewend en die netwerke stel al hoe meer dokters aan om daarmee te help.
Die werkplek gaan ook verander en na verwagting sal tot 60% van alle poste herstruktureer word met 'n groot deel daarvan wat fisieke kantoorruimte oorbodig gaan maak. Dit is slegte nuus vir werkskepping, want behalwe vir 'n vaardigheidstekort, sal meer mense sonder werk sit en heropleiding sal nodig wees.
Besighede sal moeilik sonder hulp van die staat die ná-pandemiese heropbou kan bekostig, maar dit stel regerings in staat om 'n ander greep op die ekonomie te kry.
Enersyds is dit reg so, want die regerings word tegnies vennote van 'n besigheid. In baie lande sal die staat, en by name die politici, moeilik die nuwe mag afstaan.
Die verbruiker of belastingbetaler sal moet opdok om die herstel te finansier. Dit sal geskied by wyse van verhoogde belasting, maar indirek sal “betaal” word deur met nog minder dienste van die staat klaar te kom.
Hierdie kom op 'n baie ongeleë stadium waar daar reeds bewese gapings is tussen wat gedurig belowe is en word en wat op grondvlak realiseer.
Die mis gaan nie maklik lig vir die ekonomie nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie