'n Partytjie om nooit te vergeet nie
Ek is verlig net mylpaalverjaardae word behoorlik gevier. My suster se 50ste verjaardag is om die draai en daarmee saam die groot vieringe.
Die reëlings is nie kinderspeletjies nie. Die beplanning het al maande terug begin. Waar word die fees gehou? Dit moet vanselfsprekend iewers in die veld by 'n lekker kampplek wees.
Maar die vraag was waar, en mág ons? Sal ons dan al uit die hok vrygelaat wees? Die plek mag nie té ver uit die stad wees nie, want die gaste wil nie so ver ry nie; veral nie as hulle die Vrydag eers ná werk ry nie.
Die kampplek moet ook groot genoeg wees om al die gaste te kan akkommodeer. Niemand moet ook omgee as daar die Saterdag tot ou nag gekuier word nie. Dit is alles goed wat in gedagte gehou moet word. 'n Perfekte kampplek is buite Windhoek, net so voor die Spreetshoogte-pas, gevind en die bespreking is gemaak.
Die uitnodigings is uitgestuur. Op die uitnodigings staan duidelik die mense moet teen 'n sekere datum (RSVP) bevestig of hulle kom al dan nie.
Reëlings vir kos en staanplek moet gemaak word. Die deposito vir die kampplek moet betaal word.
'n Aantal gaste het bevestig, maar meer as die helfte het nie reageer nie.
Wat maak jy dan? Reël jy net vir dié wat wel bevestig het en hoop ekstra gaste daag nie op nie? En wat maak jy met die kos? Vat jy meer kos saam vir die wis en die onwis en vat die kans dat die ekstra kos dalk kan sleg raak? Wat doen 'n mens?
En is dit regtig so moeilik om 'n SMS met “Nee, dankie” of “Ja, ons is drie” te stuur?
Volgende op die lys is die spyskaart. Een van die beplande maaltye is boereworsrolletjies. Namibiërs eet mos almal boerewors? Nè? Nee, hulle doen toe nie; nie almal nie. Hulle wil eerder Weense worsies hê.
Dus is die spyskaartbeplanning van 'n maklike roereierontbyt, boereworsrolletjies en wilds- en hoenderpot toe nou nie so maklik nie, want die vegetariërs moet ook in ag geneem word.
Op die uitnodiging staan ook elke persoon is vir sy eie kampeertoerusting verantwoordelik.
Ons hoop nou net almal verstaan dit sluit jou bord, koffiebeker, mes en vurk in. Weer eens, vat jy ekstra eetgerei saam of vertrou jy jou gaste se oordeel?
Ek weet nie meer nie. Ek weet net ek is ontsettend bly ek is nie 'n events planner nie. Ek sou van my kop af geraak het met al die detail wat jy in gedagte moet hou. Wat moet jy inpak en as jy iets vergeet? Jy kan nie net gou ry om iets by die huis te gaan haal nie, omdat ons by 'n plek sowat 2 ure buite Windhoek gaan kamp.
Ek weet net my familie sal alles in hul vermoë doen om die partytjie 'n sukses te maak. Ons sal vir alle scenario's voorberei en ekstra items inpak vir die wis en die onwis, sou daar mense opdaag wat nie bevestig het nie. Ons sal seker maak my suster het die partytjie van haar lewe. Veral in die jaar van Covid-19 en vir mense soos sy in die toerismebedryf wat hul werk verloor het. Dinge sal beter raak; ons begin met die viering van 'n halfeeu.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie