’n Passie vir mense, kuns en fotografie
Lloyd Zandberg
Stefan Oosthuizen sê mense plaas hom in ’n boksie omdat dele van sy liggaam met ink bedek is.
“Baie mense dink omdat ek tatoes het, kom ek van ’n ander land of dink ek is nie lief vir die Here nie, nog minder dat ek aktief by die kerk betrokke is.”
Dis byna asof die tatoes hulle verwar, verduidelik hy.
“As ek elkeen van my tatoes se storie moet vertel, sal ons heeldag hier sit,” sê Stefan.
Hy het wel ‘n paar wat uitstaan.
“My gunstelingtatoe is ’n lighuis wat sê ons moet ‘n lig op die aarde wees. My swaeltjie is vir my baie spesiaal. ‘n Mens kry tatoes oor lewenservaringe en die swaeltjie, wat so gelukkig rondvlieg, laat my altyd gelukkig voel. Ek het ook ’n aanhaling van ’n Amerikaanse sendeling wat sê: ‘Some people are content within the sound of chapel bells, but I want to start a mission just a few yards from the gates of hell’. Dit beteken party van ons is gemaak om met mense te werk wat ‘verlore’ is.”
Stefan is ’n professionele fotograaf met jare se ondervinding in die advertensiewêreld, ‘n voorliefde vir skilder en die lewe en ‘n hart vir die haweloses.
Kollig het met hom gesels oor hoe hy sy kuns en passie vir mense saamspan om sy lewe en die van ander te verander.
As ‘n jong seuntjie in Windhoek was hy onder sy vriende en familie bekend as Nagaap.
“Ek slaap nie baie nie,” sê Stefan.
“Op ‘n besige dag sal ek 07:00 by ‘n korporatiewe fotosessies wees, 10:00 gou huis toe jaag om dié foto’s te redigeer en uit te stuur. Ek eet dan vir die eerste keer ontbyt en drink koffie. Vir die res van die dag sal ek foto’s redigeer. Teen 17:00 is ek by die gimnasium. As ek die dag nie baie energie het nie, sal ek net lengtes in die swembad swem.”
Oosthuizen het in 1981 in Windhoek sy eerste asem geskep.
“Daarná het ons Keetmanshoop toe getrek, toe ek vyf jaar oud was.”
Hy onthou hoe lekker dit was om na skool hul skoolskoene uit te skop en in die bos rond te hardloop. Iets wat vandag as ‘n luuksheid beskou kan word.
“Ek het baie goeie kinderjare gehad en gereelde reise saam met my familie na Etosha onderneem. Waterberg was ook vir my amazing.”
“Ons het ‘n bende gehad en in die veld vuur gemaak en wors gebraai,” voeg hy by.
Op 10-jarige ouderdom verhuis die Oosthuizen-gesin na Swakopmund.
“Net om op Swakopmund te kon grootword en die dae saam met my beste vriend op branderplanke en skaatsplanke te kon deurbring, was wonderlik. Dit was ’n amazing tyd gewees.”
Hy beskryf ook Swakopmund as sy permanente huis.
Stefan se voorliefde vir waagsport (extreme sport) het ook op Swakopmund begin.
“As ek nie branderplank gery het nie, was ek op my skaatsplank of besig met BMX jumping.“
Buiten waagsport het Stefan ook ‘n natuurlik aanvoeling en liefde vir gholf en tennis gehad.
Tussendeur die branders, tennisbaan, grondpaaie en skaatsplankparke besef Stefan hy hou van kuns.
Dit was deel van wie hy was. In daardie stadium was hy vasgevang in ‘n skoolstelsel wat hoofsaaklik op akademiese prestasie gefokus het. Stefan moes vir eers sy kunstigheid onderdruk.
’n Jaar nadat hy skool klaargemaak het, bly hy in Swakopmund agter en bou sy portefeulje op.
Met die voltooiing van sy portefeulje reis Stefan met ‘n lewenslange vriend na Kaapstad om te gaan studeer.
“Ek het multimedia design by City Varsity gestudeer.”
Ná hy sy studies voltooi het, stel Ogilvy, ’n advertensieagentskap, vir Stefan aan en hy werk 15 jaar by die maatskappy.
Tydens sy jare by Ogilvy het hy meer gereeld foto’s begin neem.
Wanneer die agentskap nie ‘n professionele fotograaf kon bekostig nie, het Stefan ingespring en die foto geneem.
“Ek is nou al twee jaar op my eie en neem meestal foto’s by troues en korporatiewe funksies en neem persoonlikhede af.”
Dit was een van sy vorige werkgewers wat hom gedruk het om sy passie vir fotografie uit te leef.
“My werkgewer by Interact Draft FCB, waar ek ‘n grafiese ontwerper was, het 10 jaar terug ‘n kamera in my hand gedruk en gesê: ‘Die kliënt het nie gebudget vir ‘n fotograaf nie. Sal jy kan help?”
Dis die dag toe Stefan foto’s begin neem het en hy het omtrent nooit weer sy kamera neergesit nie.
“Soos hulle sê, the rest is history!”
Die eerste foto wat Stefan geneem het, was van ‘n groep skoolkinders.
“Dit was vir ‘n klein skooltjie se brosjure. Ek het dit verniet gedoen.”
As dit by fotografie kom is daar nie ‘n spesifieke fotograaf wat hom inspireer nie. Hy maak gebruik van sosiale media, onder meer Instagram, om te kyk wat ander fotograwe in die wêreld doen. Die wyle Tony Figueira was wel een van sy mentors.
“Hy (Tony Figueira) het my onder sy vlerk geneem en my aangemoedig om my eerste troufoto’s te neem,” sê hy.
“Hy was ‘n wonderlik mens en ek het baie by hom geleer.”
Stefan se rede om ’n fotograaf te wees, is eenvoudig: “Ek probeer oomblikke vasvang en stories vertel.”
‘n Mens moet die emosie kan voel, verduidelik hy.
“Buiten emosie speel beligting ook ‘n groot rol om ‘n wenfoto te neem.”
Hy wil graag eendag nog foto’s in oorloggeteisterde gebiede neem.
“Ek het nog altyd gedink dit sou amazing wees om iewers in ’n oorlogsone soos Irak of Afghanistan foto’s van soldate en die omgewing te neem. Ek hou daarvan om geleenthede en oomblikke vas te vang.”
PASSIE VIR PASTELLE
Verlede jaar het die kunsgogga hom weer gebyt en besluit hy om weer te begin skilder.
“Ek het laas jaar weer ‘n liefde vir kuns ontdek toe ek ‘n vriendin ontmoet het, wat ook skilder. Ons het Sondae bymekaargekom en net saam geskilder. Kuns kom natuurlik vir my weens my agtergrond as grafiese ontwerper, maar om iets op’n rekenaar te ontwerp, is baie anders as om ‘n stuk papier en pastelle te gebruik.”
Hy beskryf sy skilderye as vrolik en abstrak.
“Ek kyk daarna en dit laat my goed voel, ek sit ook partykeer ‘n element in wat die storie van die kuns meer vertel, gewoonlik iets snaaks.”
“Ek leef nou weer my passie vir kuns uit.”
Sy kuns en fotografie straal ‘n boodskap van gelukkig uit.
“As mense daarna kyk moet hulle glimlag en gelukkig voel.”
Op skool het Stefan op die agterblaaie van sy boeke geteken.
“Kuns was nog altyd deel van my. Ek het op varsity fotografie as vak gehad, maar ek was glad nie geïnteresseerd in dit nie, tot omtrent 7 jaar later.”
“Ek dink kuns is soos sport. Dit kan mense nogsteeds bymekaarbring en kuns is vir my baie dieselfde as fotografie. Jy vang ’n oomblik in tyd vas van iets wat gebeur of van ’n persoon, en dit kan vir honderde jare daarná na gekyk word en van geleer word.”
Dit is altyd goed om by ander te leer. Stefan sê die kunstenaar Teo Paul Vorster van Suid-Afrika is een van sy grootste inspirasies.
“Sy kunswerke is net anders en inspirerend. Niemand skilder met geen doelwit in gedagte nie. Jy probeer tog met jou kuns iets sê.”
“Ek dink as kunstenaar doen jy dit eerstens vir jouself. Dis goed vir my siel, dit maak my gelukkig. Tweedens vermoed ek daar is ‘n gaping in die mark. ‘n Mens is geneig om dieselfde kuns te sien – en ek wil dit anders doen.”
‘N HART VIR DIE HAWELOSES
Stefan is betrokke by die gemeenskap, waar hy die lewens van hawelose kinders wil verbeter.
Hy sê hy het ‘n “sagte plekkie vir mense wat sukkel en om hulle te help is sy daaglikse hoogtepunt”.
Hy het deur sy kerk met ‘n groep “straatkinders” begin werk.
“Ek en ’n tannie van Kwazulu-Natal, antie Doris, besoek een maal per week dié kinders hier in Windhoek.”
Tydens die kuiersessies gee hulle vir die kinders kos, gesels en bid vir hulle.
“Ek het laas jaar besef hoe vervullend dit is om jou gevoelens uit te leef deur kuns, en sal graag kuns wil begin doen saam met die kinders.”
Hoewel dit nog nie heeltemal in volle swang is nie, verduidelik Stefan, die kinders is baie opgewonde oor dié idee.
“Wie weet, dalk is daar baie talent onder die kinders en dit kan selfs lewens verander.”
Stefan verkoop sy kuns tans op sy Facebook-blad en wil ’n gedeelte van die wins eenkant hou.
“Ek wil papier en verf koop, wat die kinders kan gebruik.”
Hy werk ook by ‘n skuiling hier in die hoofstad.
“Elke bietjie help as jy ‘n verskil in die wêreld wil maak. Jy dink jy help om ander te bless, en dan stap jý geseënd daaruit.”
“Ek is ‘n nederige persoon. Materialistiese dinge is nie vir my belangrik nie. As ek buite in die natuurskoon kan sit, met ‘n goeie whiskey of selfs net kan skilder, is ek op my gelukkigste.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie