‘n Pionier se terugblik op 22 jaar
Geen skou in die land is werklik ‘n skou sonder hóm nie: Die alombekende en geliefde Oom Dawid Krause gesels oor sy betrokkenheid by skoue oor die afgelope dekades.
Elvira Hattingh - Oom Dawid Krause is vanjaar reeds 22 jaar betrokke by die Windhoek Skou, waar hy ‘n lid van die beeskomitee is, vir Feedmaster teenwoordig, die afkondiger asook opleier van ringgidse en touleiers is.
Alhoewel hy tans nie self boer nie, het hy jare gelede ‘n Brahmanstoet gehad. Toe sy familie egter die plaas verkoop, het hy uitgespring en begin werk.
“Ek is egter my lewe lank in ‘boerdery’ betrokke en was selfs in ‘n landbouskool. Eintlik ‘boer’ ek – net met almal in die land se beeste,” lag hy.
Hy is ook reeds sowat twintig jaar by Grootfontein se skou betrokke, terwyl hy ‘n afkondiger is by die meeste skoue in die land.
“Soms lol dit as verskeie skoue op dieselfde datums plaasvind. Vanjaar is die Rehoboth-, Gobabis en Grootfontein-skoue terselfdertyd aangebied en vanweë my lang verbintenis met Grootfontein, het ek maar soontoe gegaan.
“Wat Feedmaster betref, is ons álmal betrokke as onder meer ringgidse en beoordelaars. Ons het ‘n sterk span wat help waar ons kan, eerder as om op ‘n stoel by ‘n stalletjie te sit,” vertel hy.
‘N PASSIE
Oom Dawid het aanvanklik vir 14 jaar lank op die Randse en Pretoria skoue gewerk terwyl hy aan die maatskappy Rumevite verbonde was.
“Dit is vir my ‘n passie om met diere te werk en veral met skoudiere, want jy sien watter eienskappe die diere het en waartoe hulle in staat is.
Hy sê ook hy is bly om te sien dat die Windhoek Skou nog sterk staan in vergelyking met Suid-Afrika, waar baie van die skoue “platgeval” het.
“Tydens my betrokkenheid by die Windhoek Skou kon ek help om ‘n paar dinge in plek te sit, soos byvoorbeeld die kroning van ‘n kampioen van kampioene, waar slegs Namibies geteelde diere die titel kan verower.”
Oom Dawid sê 22-jaar gelede het die Windhoek Skou en die skoudiere baie anders as vandag vertoon.
“Daar was ander rasse. Méér rasse het intussen bygekom terwyl die gehalte van die diere ook baie verbeter het. Telers het baie goedgevorder ten opsigte van die tipe dier wat vandag op die skou vertoon word in vergelyking met twintig jaar gelede.
“Hul metingsprosesse het verbeter. Destyds het jy net na die uiterlike van die bees gekyk, waar daar tans ook van syfers soos byvoorbeeld teelwaardes gebruik gemaak word.
“Die dier wat vandag op die skou is, is van uitstekende gehalte. Hulle is doeltreffend én vrugbaar.
“Vir telers gaan die skou oor om te kan kompeteer en dit bied ‘n geleentheid waar ‘n teler sy stoetdiere met mede-telers kan vergelyk om te sien hoe goed hyself vaar. Dit is ook ‘n uitstekende geleentheid om jou vee te adverteer.
“Nog goeie nuus is dat al hoe meer jongboere by stoetboerdery in die land betrokke raak. Dit is goed, aangesien die gemiddelde ouderdom van Namibiese boere sowat 58- of 59-jaar is,” sê hy.
DIE GRÓÓT WERK
Oom Dawid sê diegene wat op die land se skoue se beeskomitees dien, doen dit vir die liefde van die saak, hulle word nie betaal nie.
“Mense moet dit in dié lig sien. Dit is die besonderse karakter van Namibiërs,” het hy gesê.
Hy sê wat die skou betref, moet die grootste werk afgehandel word nog vóór die skou begin.
“Dit sluit in die hantering van inskrywings wat deur Hennie Kruger behartig word, asook dat die beeskomitee gereeld beplanningsvergaderings moet hou. Daar moet permitte vir die skoubeeste by veeartseny uitgeneem word en soos die vee inkom, moet hulle kaarte en boeke kry en moet ons sorg dat hulle in die regte stalle gaan staan. Dán eers begin die skou,” sê hy.
Hy sê daar word baie mooi na vee op die skoue gekyk. “Hulle word goed hanteer en daar is streng reëls vir toelating: Hulle mag nie oorvet wees nie, moet vrugbaar wees en word getoets.”
Hy sê Feedmaster loop deur die jaar ‘n pad met boere en werk ‘n voerprogram uit. Sowat vier maande voor die skou begin word daar reeds met die program begin om die diere skougereed en afgerond te kry. So word daar seker gemaak teen die tyd wat die diere op die skou is, is hulle nie te vet of te maer nie.
OPLEIDING
“Ons bied ook opleiding aan touleiers. Voorheen het ons wenners gekies en vir hulle eerste, tweede en derde plekke toegeken, maar toe besef dieselfde mense kry jaar-op-jaar die toekennings. Toe het ons besluit om eerder, ná die opleiding, vir almal ‘n prys te gee.
Oom Dawid sê as dit by touleiers kom, word hulle geleer om altyd te sorg dat die dier op sy beste vertoon en byvoorbeeld nie voor die dier staan nie. Die beoordelaar moet die dier kan sien.
Hy sê touleiers en die spesifieke diere waarmee hulle werk, het dikwels ‘n besonderse verhouding met mekaar.
“Die dier is dikwels ongemaklik as iemand vreemds by hom. Ons het al gevalle gehad waar niemand naby ‘n dier kan kom nie, maar dat hy dan die touleier toelaat. Hulle skep ‘n band met hul vee.
“Ek is ook betrokke by die opleiding van die ringgidse.
“Dit is een van die belangrikste persone in die ring. Hy is in beheer van die ring, terwyl die beoordelaar se werk slegs is om die bees te beoordeel. Die ringgids moet sorg dat die regte klasse inkom, hy moet die plasings doen en kyk dat die diere die regte ouderdom is. Hy moet seker maak dat daar geen ongeruimdhede is nie.
“By groot rasse is daar ‘n ringgids, maar ook ‘n hekgids en ‘n skryfgids wat al die kaarte moet skryf,” sê hy.
Die ringgidse en touleiers het almal op Maandag (1 Oktober) opleiding ontvang.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie