‘n Plan vir Otjozondjupa-boere
Die Otjozondjupa-streek wil deur voedselproduksie ‘n sterk bydrae tot Namibië se kosmandjie maak.
Elvira Hattingh - ‘n Plan vir verbeterde landbouproduksie en ‘n streek wat selfstandig en selfonderhoudend in terme van kosproduksie is, is enkele van die ontwikkelingsprioriteite van die Otjozondjupa-streek se nuutaangestelde goewerneur.
Mnr. James Unomasa Uerikua, wat nou sowat twee maande dié amp beklee, sê die plan moet alle boere in die streek betrek – hetsy hulle kommersiële, kommunale, hervestigde of regstellende aksie-boere is.
Daarom het hy reeds in die eerste week van Mei met kommersiële boere in die streek vergader en onder meer kwessies soos vee- en wilddiefstal, stropery en gemeenskapsdeelname in die bekamping van dié misdade bespreek.
Twee dae later, op 7 Mei, het hy met inwoners van Okakakarara vergader – waaronder lede van die kiesafdeling en dorpsraad, asook die Okakarara Boerevereniging en tradisionele leiers. Kwessies soos veediefstal, veilingpryse asook droogtesubsidies is by hierdie geleentheid met veeboere bespreek.
Uerikua sê een van sy ontwikkelingsprioriteite vir die streek is om ‘n strategie van stapel te stuur wat die Otjozondjupa-streek in staat sal stel om deur voedselproduksie ‘n sterk bydrae tot Namibië se kosmandjie te maak.
“Ek wil hê ons moet daarna streef om ‘n selfstandige en selfonderhoudende streek in terme van kosproduksie te word, asook om die jeug te bemagtiging en die deelname van alle mense aan die ekonomiese aktwiteite in die streek te bevorder,” sê Uerikua.
Hy sê die bevordering van plaaslike waardetoevoeging is belangrik sodat Namibië nie “werksgeleenthede na ander lande uitvoer en later dieselfde produkte in ‘n verwerkte vorm, maar teen ‘n hoër prys moet terugkoop nie”.
Uerikua meen dit kan help met die vermindering van hoë werkloosheidsyfers – veral onder die streek se jeugdiges.
Die goewerneur sê Otjozondjupa het ‘n behoefte aan die plaaslike toevoeging van waarde in die lewendehawebedryf, wat sal help om werk te skep en ‘n bydrae tot die Bruto Binnelandse Produk (BBP) te maak.
Die goewerneur sy hy het ook ‘n enkele landbouprestasie-verbeteringsplan vir die streek in gedagte, waarby alle boere ingesluit sal word.
COVID-19
Tydens die byeenkoms op Okakarara het hy boere aangemoedig om goed na hul plaaswerkers om te sien. Hy het toe ook ‘n skenking ter waarde van N$5 000 van die Okakarara Boerevereniging ontvang om die dorp se mees kwesbare inwoners tydens die Covid-19-tydperk te help.
Hy het ook later ‘n veiling bygewoon om te sien hoe daar te werk gegaan word om maatreëls vir gesondheid en higiëne na te kom en sodoende die verspreiding van Covid-19 te voorkom.
Hy het boere en spekulante geprys omdat hulle gesigmaskers gedra het en fisieke afstand toegepas het.
Sedert sy aanstelling het Uerikua die verspreiding van voedsel as droogtehulp en vir verligting ten tye van die pandemie, ondersoek. Die doel hiervan is om seker te maak die regte vasgestelde kriteria word vir die verspreiding van rantsoene gebruik.
Een van die inspeksies is op Okakarara gedoen, waar die goewerneur toesig gehou het oor die verspreiding van droogtehulpvoedsel aan die bejaardes in die gemeenskap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie