’n Pluimpie vir moedertaal én vaderland
Dit is amper weer tyd vir die jaarlikse ATKV Pluimpie-toekennings, wat vanjaar op 24 September plaasvind.
Dié toekenningsgeleentheid moes verlede jaar stil-stil tydens die inperking plaasvind, maar die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) het nogtans gevoel diegene wat ’n beduidende bydrae tot Afrikaans maak, verdien erkenning.
Die ontwikkeling van die geskrewe taal is uiters belangrik en daarom gee die ATKV erkenning aan bydraes in verskeie kategorieë soos drama, poësie, letterkunde, lirieke, koerante, uitsaaiers, publikasies en sang.
GESOEK: AMBASSADEURS VIR NAMIBIë
Die ATKV is op soek na merkwaardige Namibiërs wat dié land van die brawes se naam hoog gehou het vir die wêreld om te sien. Só ’n persoon kan in aanmerking kom vir ’n Afrikoon-toekenning, waarmee ambassadeurs vir Namibië by die Pluimpie-toekenningsaand vereer sal word. Voormalige wenners sluit in Frankie Fredericks, Michelle McLean, Juanita du Plessis en Stefan Ludick.
Ken jý so ’n ambassadeur vir Namibië? Wil jy iemand nomineer? Die ATKV aanvaar nominasies tot einde vandeesmaand. ’n CV moet alle nominasies vergesel word.
Nominasies kan na [email protected] gestuur word. Alle navrae kan ook aan dié e-pos-adres of aan 081 127 1193 gerig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie