’n Regrukplan vir Ford SA
Ná die Kuga-debakel is die Ford se aansien in Afrika suid van die Sahara ernstige skade berokken.
Casper Kruger, die besturende direkteur van Ford vir Afrika suid van die Sahara het ’n moeilike taak: hy moet die publiek se vertroue in dié handelsnaam herstel ná die Kuga-krisis.
Dis nie elke dag wat die besturende direkteur van ’n vooraanstaande wêreldhandelsnaam jou self van ontvangs tot by sy kantoor vergesel nie.
Dit spreek klaar boekdele oor die praktiese en minder op sy hoede-leierskapstyl van Casper Kruger, die besturende direkteur van die Ford Motor Company Sub-Saharan Africa (FMCSA).
Die blou ovaalvormige logo van Ford, die Amerikaansgevestigde motorvervaardiger, is een van die bekendste logo’s ter wêreld. Dit is egter skaars dat Ford na plaaslike mense soek om sy sake te bestuur.
Wanneer ’n plaaslike leier vir sy Suid-Afrikaanse en sub-Sahara-handelsmerk aangestel word, is dit nogal ’n prestasie. Kruger, ’n akademikus wat ’n motorbedryfspesialis geword het, is van sy pos as visepresident van Toyota Suid-Afrika gelok om by Jeff Nemeth in April 2017 oor te neem.
Die Kuga-krisis het Ford se markaandeel seergemaak, met Kuga-verkope wat geval het van sowat 300 per maand tot sowat 100.
In dié tyd het Ford nog harpuis geruik weens die Kuga-enjinontvlammingskrisis en ’n terugroep van 4 557 motors.
“Die geleentheid om die derde grootste motorvervaardiger in die land te bestuur, was te groot om voor nee te sê. Dit was ’n wonderlike en unieke geleentheid. Geleenthede soos dit spring nie agter elke bos uit nie,” verduidelik Kruger.
Die Kuga-ramp het Ford se markaandeel seergemaak, met Kuga-verkope wat geval het van sowat 300 per maand tot sowat 100. Ford se totale markaandeel het geval van 13,2% in 2016 tot 12,8% in 2017. Die gewildheid van die Ford Ranger het dié slag effe help versag.
Die Ranger was die tweede topverkoper in die land in 2017, net na die Toyota Hilux. Dit het meer voertuie verkoop as Volkswagen se Polo Vivo, die passasiersmotor met die hoogste verkope.
Kruger sê die maatskappy sal aanhou om daaraan te werk om vertroue in die handelsnaam te herstel “sodat die kliënte gemaklik voel dat Ford die probleem met die Kuga opgelos het”.
Hy fokus ook meer op FMCSA se verhouding met sy handelaars, en dan op hulle beurt die handelaars se verhouding met die kliënte om diensvlakke te verbeter. “Omdat die ervaring in hulle dorp of area so belangrik is, sal ons fokus daarop wees om seker te maak dat die beste diens aan die kliënt gelewer word,” sê Kruger.
“Ons moet op ons wêreldwye span staat maak om die bes moontlike motors te maak . . . Wanneer sake verkeerd loop, moet ons kan reageer en seker maak dat ons die nodige hulpbronne gereed het en ’n deurlopende diens voorsien.”
Marksiening
Die nadraai van die Kuga-terugroeping was nie die enigste bos dorings in Kruger se pad nie. Die motorbedryf was ook onder druk weens afnemende nuwemotorverkope, toenemende gebruiktemotorverkope en veranderende mobliteitsneigings.
Maar, sê Kruger, die bedryf is bemoedig deur die feit dat algehele verkope vir 2017 vir die eerste keer in vier jaar groei weerspieël, al is dit marginaal. “Die verstewiging in wisselkoerse en ’n skynbaar positiewer ekonomiese vooruitsig voorspel ’n beter jaar wat voorlê, en in dié stadium voorspel ons ’n effense verbetering in verkope vir 2018,” sê hy.
’n Beduidende toename in die verkope van gebruikte motors in die afgelope jare het die verkope van nuwe motors ondermyn. Maar Kruger het ’n opbouende siening. “Gebruikte motors is ’n intreevlak tot die nuwemotormark. Dis ’n belangrike bekostigbaarheidsplatform en voerder van die nuwemotormark.”
Veranderende neigings
As deel van sy wêreldwye elektrifiseringstoewysing het Ford US$4,5 miljard in elektriese voertuie (EV) belê. Die handelsnaam beplan om met die produksie van ten volle selfbestuur-voertuie in 2021 te begin.
Kruger sê Ford is nie in ’n resies betrokke om eerste met dié nuwe tegnologie te wees nie, maar hy wil die mees mensgesentreerde wees. “Namate markgeleenthede, regulatoriese omgewings en verbruikersperspektiewe voortgaan om te ontwikkel, sal ons die tegnologie toepas op ’n manier wat die geskikste vir ons kliënte is.”
Maar die plaaslike vraag om van die binnebrandenjin af weg te beweeg, is nog nie oorheersend nie, meen hy.
Suid-Afrikaners is lief vir hulle enjins wat práát as jy die brandstofpedaal trap, en is ook skrikkerig vir die premie wat mens moet betaal vir die nuwe tegnologie. Kruger meen dat ’n regeringsubsidie sal help om motors soos EV’s meer bekostigbaar te maak, en dat die land nog aan die agterste speen suig wat die nodige infrastruktuur betref wat nodig is om die revolusionêre tegnologie te steun.
“Belegging is nodig om innovering te steun, maar dit moet deur vraag gelok word, wat ongetwyfeld in die komende jare sal begin ontwikkel,” sê hy.
“Die sakemotivering vir baie van dié innoverings sal uitdagend bly tot ons lewensvatbare omvang bereik wat tegnologie, optimale skaal en vraag betref. Ons is nog nie daar in Suid-Afrika nie. Ons strategie is meer vaardigheid, produktiwiteit en werkverrigting, asook ’n beter brandstofekonomie gegrond op wat ook al die beste mobiliteitsoplossing is vir daardie mark. Namate markte ontwikkel en volwasse word, sal ons ’n meer uitgebreide reeks oplossings aanbied.”
Ford se plaaslike vervaardigingsvoetafdruk
Ford vervaardig die Ford Ranger (bakkie) en Ford Everest (sportnutsvoertuig) by sy Silvertonaanleg in Pretoria. Die Ranger word plaaslik verkoop en uitgevoer na meer as 148 markte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika. Plaaslike vervaardiging van die Everest het in 2016 begin en dit word na markte oor Afrika suid van die Sahara heen uitgevoer.
Ford vervaardig ook enjins by sy Struandale-enjinaanleg in Port Elizabeth. Enjins en gemasjineerde komponente word aan Argentinië, Thailand, Noord-Amerika, Indië en China gelewer.
Gegewe die feit dat aansienlike beleggings onlangs gedoen is, is daar op die oomblik geen verdere beleggingsplanne nie, sê Kruger. In 2016 het Ford R2,5 miljard belê om die Everest te bou en in November 2017 ’n belegging vir die uitbreiding van Ranger-vervaardiging ter waarde van R3 miljard aangekondig. ’n Nuweling in die Ranger-familie gaan die Ford Ranger Raptor wees.
“Die R3 miljard is ’n blyk van vertroue en van toewyding,” het hy gesê.
Voertuigvervaardigers is afhanklik van regeringsaansporings om dit finansieel bekostigbaar te maak om plaaslik te vervaardig. Ten tye van die onderhoud het Kruger gesê hulle was in finale onderhandelings gewikkel om die nuwe aansporingsplan te bevestig wat die huidige Automotive Production and Development Programme (APDP) sal vervang wat in 2020 tot ’n einde kom.
“Ons is hier en ons wil hier bly. Uit die aard van die saak is daar ’n groter rol om te speel uit ’n APDP-perspektief. Al dié beleide en gesprekke is sleutel-grondpenne om seker te maak dat ons ’n suksesvolle bedryf het. As jy nie kan uitvoer nie, is daar nie regtig ’n model hier nie. Die plaaslike volume is eenvoudig te klein.
“Die fokus is daarop om seker te maak dat ons die regte platforms het; sterk uitvoer, kostedoeltreffendheid en wêreldklasgehalte om seker te maak die bedryf is sterk en in staat om met aanlegte in Thailand, Mexiko en Europa mee te ding. As ons dit kan verseker, kan ons meer belê en meer modelle inbring, maar dit is nie ’n onafhanklike besluit nie.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie