’n Saak om lewe en dood

Dansers, akteurs verenig teen GBV
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis

Die Ombetja Yehinga Organisation (OYO) is ’n Namibiese trust wat maatskaplike bewustheid wil skep deur die kunste as medium te gebruik.

Verskeie gevalle van geslagsgegronde geweld het onlangs die land geruk en die #ShutItAllDown-beweging het die afgelope paar weke momentum gekry. Mense uit alle uithoeke van die land het betoog teen die geweld teen vroue en kinders wat die nasie tans teister.

Sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie het OYO gewaarsku die inperking, werksverliese en frustrasie kan lei tot toenemende gevalle van geweld.

“Dit is tyd om dié neiging te verbreek. Dit is tyd om op te staan en hande te vat vir ’n beter Namibië – vir almal!”

OYO het Woensdag sy langverwagte dansvideo getiteld The Moirai op sy sosialemediaplatforms bekend gestel. Die video werp lig op geslagsgeweld (GBV) en kon danksy die finansiële ondersteuning van die Duitse ambassade in Namibië vervaardig word.

Dr. Talavera, die vervaardiger en choreograaf van die produksie, het verduidelik The Moirai is ’n idee wat reeds jare gelede gebore is. “Ongelukkig is dit jare later steeds relevant. Vir hierdie stuk het ons OYO-dansers genooi om saam met ander dansers en akteurs te werk. Ons was gelukkig dat baie ingestem het om by ons aan te sluit en deel te neem aan die stryd teen GBV. In die video het ons akteurs van ons nuutste fliek Kapana soos Simon Hanga ('n polisieman), Felicity Celento (die berader), Foreversun Haiduwah (die hofklerk) en Lukas Paulus (die landdros) saam met die bekende dansers Monray Garoeb, NSimba Faycal, Justina Andreas, Sydney Farao, West Uarije en Santos Mentos,” het hy gesê.

Dit volg die reis van ’n jong vrou (El Juanita Philander) wat deur haar lewensmaat (Desmond Kamerika) mishandel word. Tot die oomblik aanbreek waar sy ’n kritieke besluit moet neem. Sy het voor twee keuses gestaan: Om te bly, en waarskynlik doodgemaak te word, of om hom te verlaat. Hierdie punt breek aan deur die aankoms van die Moirai, die Griekse godinne van die noodlot.

“Dit was vir ons belangrik om dansers en akteurs met hierdie tema te vereenselwig, om ons stemme by die #ShutItAllDown-beweging te voeg en te doen wat ons die beste doen: Op te tree. Ons hoop baie mense gaan hierna kyk en dit geniet, en ons hoop dat dit die gesprek sal aanvuur oor die noodsaaklikheid om geweld in Namibië te beëindig. Niemand moet langer bedreig of bang voel nie.”

Die video is in verskillende gebiede in Windhoek opgeneem en is 15 minute lank. Besoek OYO se Facebook-blad vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!