'n Saak van groot belang
'n Saak van groot belang

'n Saak van groot belang

Dani Booysen
Die korrupsieverhoor waarin mnr. Dirk Conradie en me. Sara Damases in die beskuldigdebank staan, het uiteindelik net meer as ses jaar later vandeesweek in die hoërhof uit die blokke gekom.

Die saak is om verskeie redes van groot belang.

Die klankopname van 'n gesprek oor MTC se advertensietender met die destydse eienaars van 'n agentskap bevat inderdaad uiters sensasionale grofgeskut oor Conradie se beweerde aandrang dat “my mense” deel van “die koek” moet kry.

Nie dat enigiemand die taak van die hof mag of wil vooruitloop nie.

Die verdediging betwis die grondwetlikheid en wetlikheid van die aanvaarding van die opname, wat sonder Conradie se medewete gemaak is, as getuienis. Uitspraak oor die kwessie sal van deurslaggewende belang wees.

In sy onlangse ondersoek vir die Instituut vir Openbare Beleids­navorsing (IPPR) oor korrupsie in die private sektor, het dr. Johan Coetzee van die Namibië Universiteit van ­Wetenskap en Tegnologie besighede aangemoedig om korrupsie te rapporteer. Dit is juis wat in die saak gebeur het.

Volgens mnr. Mark Bongers was senior regsadvies aan hulle om die opname aan die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) te oorhandig, of om te swyg oor die kwessie. Hy en sy vennoot het die saak aangemeld.

In die konteks kan die eventuele uitslag in die verhoor 'n maatstaf vir besighede se hantering van sulke situasies word.

Dit is juis 'n ope vraag hoeveel sulke gesprekke eerder tot die voorgestelde teenprestasie lei, of doodgeswyg en “vergeet” word.



So sê ander

22 Mei 2018



Beeld, Die Burger en Volksblad sê



Die waarskuwing deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) dat ernstige kommer oor landsveiligheid moet heers weens herhaalde begrotingsbesnoeiings, verdien op verskillende vlakke dringend aandag.

Dié probleem kom immers nou al baie jare aan.

Enersyds het die weermag 'n grondwetlike mandaat wat voldoende finansiering verg om dit uit te voer.

Meer geld alleen is wel nie die oplossing nie, want die probleem strek veel wyer en is ook in die departement se wanbestuur van bestaande hulpbronne oor baie jare heen gesetel.

Laastens is dit nie net 'n teoretiese boekhou­oefening nie, want op grondvlak is die lewe van gewone troepe ter sprake.

Dis gewoon oneties om ons soldate op so 'n manier bloot te stel.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!