'n Saluut aan die manne langs die pad
Ek weet nie of ander mense sal saamstem nie, maar ek vind dit is dié winter baie koud en ietwat uitgerek. Ek is in die gelukkige posisie om 'n werk, 'n dak oor my kop en 'n warm bed te hê, iets wat baie Namibiërs nie kan sê nie.
Ek het verlede week 'n man in die Klein Windhoek-rivier sien sit. Hy het 'n paar droë takkies van 'n boom wat met die laaste reën afgespoel het aan die brand gesteek om homself warm mee te maak.
Hy woon in 'n sinkhuis wat baie koud is. Soggens om 05:00 loop hy van sy huis in 'n informele nedersetting na Eros om werk te soek.
Op pad na die parkeerterrein waar hy vir moontlike werk wag, warm hy homself in die rivier op omdat hy nie op die parkeerterrein 'n vuur mag maak nie.
Hy sê werk is skaars en Covid-19 het dit net vererger. Ná ons gesprek het hy opgestaan en seker gemaak die vuurtjie is geblus, want soos hy dit gestel het, is daar baie gras en hy wil nie verantwoordelik wees as dit vlam vat nie.
Ek het nadat die artikel oor hom in die koerant verskyn het weer by die plek verbygery en iemand het waaragtig sy boom verwyder. Die boom wat al van die laaste reën daar lê, die boom wat 'n arm man elke oggend bietjie hitte gee, die boom wat niemand en ook nie jou gepla het nie. Die mensdom verstom my keer op keer; hulle gun iemand anders nie 'n plek onder die son nie. Maar ek dwaal van my storie af.
Dit het my laat dink aan al die mans wat elke dag by verkeersligte staan met die skrale kans dat iemand hulle sal oplaai om te kan werk en bietjie geld huis toe te kan vat.
Al het hy vandag nie werk gekry nie, sal hy môreoggend weer vroeg daar gaan staan met die hoop dat iemand hom 'n geleentheid sal gee om homself te bewys.
In alle eerlikheid weet ek nie of ek dag na dag voor daglig sou kon opstaan om op 'n koue straathoek of parkeerterrein te gaan staan met die skrale hoop dat iemand gaan stop en vir my tuinwerk of enige werk gaan aanbied nie.
Dan moet ek nog hoop die persoon gee vir my 'n koffie en 'n sny brood, want ek het geen krag by my huis om vir myself koffie te maak nie en die kans is ook skraal dat ek brood by die huis het.
Tyd om pap te kook, is daar ook nie, want ek moet by my staanplek uitkom voordat iemand anders daar gaan staan en dalk opgelaai word.
As ek wel opgelaai word, praat ek en my werkgewer nie oor vergoeding nie. Nadat ek die hele dag gewerk het, hoop ek dat ek betaal gaan word. As ek lyf weggesteek het of min werk gedoen het, betaal my daarvolgens, maar as my werk goed was, geld dieselfde.
Ek het ook al verskeie kere van hul dienste gebruik gemaak en moet erken met Covid-19 en my suster wat haar werk weens die virus se impak op die toerismebedryf verloor het, kan ek dit ook nie meer so gereeld doen nie. Maar sodra omstandighede verbeter, sal ek weer van hulle dienste gebruik maak en hopelik sodoende kos op iemand se tafel kan sit, al is dit net vir een dag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie