'n Seder val in Swapo
Namibië het gister 'n politikus en leier verloor wat diep spore in die land se vryheidsgeskiedenis getrap het.
Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige visepresident (2015 – 2018) en geliefde Swapo-strydros, dr. Nickey Iyambo, is by sy staatswoning in Windhoek dood.
Hy sou vandag sy 83ste verjaardag gevier het.
Pres. Hage Geingob het die aankondiging van sy dood kort na negeuur gisteroggend op Facebook gemaak.
“Dr. Iyambo laat 'n ryk erfenis van lojale diens aan die mense van Namibië na,” het Geingob gesê, en sy innige meegevoel met sy vrou en familie betuig.
Iyambo het vroeg in Februarie 2018 die tuig as visepresident vanweë gesondheidsredes neergelê. Hy was egter steeds 'n lid van die Nasionale Vergadering.
Verskeie roubeklaers, onder wie Geingob en me. Monica Geingos, het die familie gister in Eros besoek.
As boorling van Onayena in die Oshikotostreek het hy die land in 1964 as Swapo-uitgewekene verlaat. Kort voor dit was Iyambo die eerste swart posmeester in die land (1962-1963).
Hy het tussen 1969 en 1980 vier grade aan die Universiteit van Helsinki in Finland verwerf. Benewens dat hy hom as mediese dokter bekwaam het, het hy ook 'n meestersgraad in politieke wetenskap verwerf.
Van 1966 – 1971 was hy Swapo se verteenwoordiger in die Nordiese lande. In die 1980's was hy Swapo se hoof van militêre mediese dienste en het die party ook in ander hoedanighede gedien, blyk dit uit die verklaring wat Staatshuis gister uitgereik het.
In 1989 is hy aangestel as lid van die grondwetlike vergadering en was dus een van die grondleggers van die Namibiese grondwet. Sy eerste ministeriële portefeulje ná onafhanklikwording was as minister van gesondheid en maatskaplike dienste (1990 – 1996). Daarna is hy aangestel as minister van streeks- en plaaslike regering (1996 – 2002), myne en energie (2005 – 2008), landbou, water en bosbou (2005 – 2008), veiligheid en sekuriteit (2008 – 2010), en veteranesake (2010 – 2015).
Die rang van eersteklas bevelvoerder in die Orde van die Leeu van Finland is op 18 Maart 2011 deur pres. Tarja Halonen van Finland aan Iyambo toegeken.
Op 26 Augustus 2014 is die Mees Buitengewone Orde van die Son (eersteklas) deur oudpres. Hifikepunye Pohamba aan hom toegeken.
Iyambo is in April verlede jaar tydens 'n private geselligheid met me. Johanna Itewa getroud.
Volgens Staatshuis sal die reëlings vir sy begrafnis later bekend gemaak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie