’n Skoner Namibië in 2021

Francoise Steynberg
Tourism Supporting Conservation (Tosco) in samewerking met die Recycle Namibia Forum (RNF), die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), Eco Awards Namibia en The Recycling Lab, se nuwejaarsvoorneme is ’n skoner Namibië vir 2021.

Hulle gaan gemeenskappe in hul 7R-skoonmaakveldtog betrek. Die 7 R’e staan vir “Remove, Reuse, Rethink, Recycle, Repurpose, Reduce en Refuse”.

Hulle wil met die eerste R, “Remove” op 20 Januarie 2021 afskop met ’n skoonmaakveldtog in verskeie kommunale bewaringsgebiede in Namibië.

“Ons organiseer die gemeenskappe in bewaringsgebiede om aan die veldtog deel te neem en vullis by geïdentifiseerde plekke te verwyder,” lui ’n verklaring van Tosco.

“Daarmee berei ons hulle voor vir die herlewing van toerisme wat deur die Covid-19 tot stilstand geruk is. Bewaringsgebiede speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die wildlewe en hulle is die poort tot groot toerismetrekpleisters.”

Skoonmaakspanne sal naby gewilde toerismeroetes geplaas word en opvoedkundige praatjies sal aangebied word om bewusmaking oor volhoubare afvalbestuur in bewaringsgebiede te skep.

“Die opvoedkundige veldtog sal die 7R-konsep beklemtoon, veral met fokus op herwinning en insette van The Recycling Lab.

“Ons streef daarna om einde 2021 ’n skoner Namibië te hê, asook hoër vlakke van omgewingsbewustheid in ons gemeenskappe. Die veldtog wil ’n lewenslange impak op gemeenskappe en die omgewing skep.

Die uitvoerende hoof van HAN, me. Gitta Paetzold, het Han se vennootskap herbevestig vir ’n skoner Namibië in 2021.

“Die inisiatief is in 2018 deur Tosco begin om aan gemeenskappe die waarde van herwinning te leer,” het Paetzold gesê.

Verskeie ander organisasies en maatskappye, soos onder meer Local Tourism is Lekker en Camping in Namibia, het hul ondersteuning aan die projek bevestig.

Op verskeie vakansiebestemmings soos Hentiesbaai en Lake Oanob Resort naby Rehoboth is reeds met skoonmaakveldtogte voor die feesseisoen begin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!