‘n Skoner Tsumeb

Dani Booysen
EERW. EDWARD AMADHILA VAN DIE TOV-SENTRUM SKRYF:

Hierdie Saterdagoggend gaan ons die strate van Tsumeb begin skoonmaak met meer kinders as die 15 wat na die kus gereis het.

Ons nuwe planne is om ‘n veiligheidsmuur om die sentrum te bou, “interlocks” te lê, brandblussers aan te skaf, die kombuis te voltooi, die sentrum te verf en om ‘n vrieskas en dieselkragopwekker vir ons plaas aan te skaf. Ons wil ook ‘n webwerf begin en die twee huurkamers voltooi.

Ons ander hoofdoelwit bly om Tsumeb skoon te hou. Ons dorp was een van die skoonstes in Namibië.

Ek herhaal: Ons wil binne twee jaar die skoonste dorp in die Noorde wees, binne vier jaar die skoonste dorp in die land, binne ses jaar die skoonste dorp in SADC en binne agt jaar die skoonste dorp in Afrika.

Hoe kan ons ons doelwit bereik? Deur skole betrokke te kry.

Sê maar Junior Sekondêre Skool Opawa het 800 leerlinge, Tsumeb se Engelse laerskool 900, Sekondêre Skool Etosha 750, Sekondêre Skool Tsumeb 800, Sekondêre Skool Otjikoto 900, Laerskool Kuvukiland 850, Laerskool Nomtsoub 1 000, Tsumeb Gimnasium 500, Redimere Akademie 180, die tuisskool 150, Laerskool St. Frances 650 en Laerskool Frances Garten 450.

Die getalle is dalk nie reg nie, maar kom ons verbeel ons ons het 7 930 kinders op Tsumeb wat elke week twee sake vol vullis kan maak. Dan het ons 15 860 sake nodig per week.

As kinders net hul onmiddellike omgewing skoonmaak, sal ons binne ‘n jaar die skoonste dorp in Namibië wees. As ons die kerke byvoeg, kan ons dit binne ses maande regkry. As ons sowat 4 000 kinders in die kleuterskole bytel, sal dit nog vinniger wees.

Ons gaan met die munisipaliteit en ons vennote gesels oor ‘n duidelike strategie.

Kontak ons as u vullissakke wil skenk. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!