'n Slegte tyd vir arbeidsoorlog
'n Slegte tyd vir arbeidsoorlog

'n Slegte tyd vir arbeidsoorlog

Dani Booysen
Sinkende ondernemings se wetlike uitdaging van spesiale arbeidsregulasies vir die Covid-19-pandemie moet gesien word binne die reg van elkeen om hom vir beskerming op die regbank te beroep.

Eedsverklarings stippel die ware omvang van die ekonomiese krisis uit.

Vakbonde is tradisioneel altyd teenoor werkgewers opgestel omdat hulle werknemers se regte en belange moet be­skerm. Covid-19 plaas groter druk op die verhouding as ooit.

Van die tersaaklike kwessies is administratiewe geregtigheid, oftewel die reg op inspraak by besluitneming, en die regering se magte om by die ekonomie in te meng. Een van die aansoekers se argumente is dat die regering nie wette kan ophef wat die ongelukkige gevolge van inperking moet bestuur nie.

Enige flagrante misbruike deur werkgewers moet veroordeel word. Nie net tydens 'n onvoorsiene situasie soos tans nie.

Die masjiengeweervuur wat egter verlede week opnuut vanuit vakbondkringe geknetter het, blaas woede en haat aan weens growwe veralgemenings met rassistiese intonasies. Besighede en huishoudings sonder inkomste en kapitaal is nie sonder meer ongevoelige en kwaadwillige verraaiers nie.

Produktiwiteit moet midde die pandemie en daarná intens ondersoek word. Dit geld ook vir Namibië se groot staatsamp­tenary – vir wie se salarisse belastingbetalers opdok. Almal is geraak en die staatskas sal vanjaar met honderde miljoene minder moet klaarkom.

Vakbonde moet hul posisie versigtig oorweeg en elke moontlike werkgeleentheid ­– binne redelike perke ­– help red. Werkgewers kan nie alleen die lang pad na herstel berei nie.



So sê ander

18 Mei 2020



Verhouding tussen Amerika en China nou op dieptepunt



Die betrekkinge tussen Amerika en China beweeg nou na 'n absolute dieptepunt.

Verlede week het pres. Donald Trump in 'n onderhoud selfs gesê: “Ons kan álle betrekkinge met China verbreek” en dat hy tans nie eens met pres. Xi Jinping wíl praat nie.

Trump het spesifiek na die aanvank­like wanbestuur van die koronakrisis deur die Chinese diktatuur verwys. Maar twee verwante faktore speel ook in die agtergrond saam.

Die eerste is die feit dat daar minder as ses maande oor is voor die Amerikaanse presidentsverkiesing plaasvind. Trump weet baie goed dat dit nuttig is om 'n vyand te hê (of te skep) sodat mense vir hom stem.

Maar dit is 'n feit dat China sy spiere toenemend in Oos-Asië bult op maniere wat sy bure bekommerd maak.

Die vinnige uitbreiding van die Chinese vloot beteken dat hy steeds makliker sy wil in die omgewing kan afdwing. Dit word gesteun deur 'n ingrypende modernisering van die land se lugmag en leër.

Uit China se oogpunt word Amerika regeer deur 'n wisselvallige president wat 'n magsvakuum skep wat deur die Chinese gevul kan word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!