’n Slim Alpine vir die 21ste eeu
Een van die treffendste rygoed op die Geneefse motorskou was Renault se nuwe A110 Alpine – uitgestal in ’n pragtige koningsblou, soos Franse renmotors mos eens gelyk het.
Die moderne Alpine is ’n projek wat Renault al jare koester.
Visueel het die ontwerpers baie goed daarin geslaag om hom getrou aan die oorspronklike ontwerp te hou – kyk net na die rondedak-profiel en die lieflike ronde hoofligte, maar steeds met genoeg moderne elemente en meganika om sy voete stewig in die 21ste eeu te hou.
Maar straks die grootste geheim – en wapen – van die nuwe Alpine is iets wat jy nie sommer met die eerste blik sal waarneem nie: sy geringe gewig. Teen ’n ongelooflike 1 080 kg is die Alpine 40 kg ligter as die Alfa Romeo 4C en ’n stewige 255 kg ligter as ’n groot mededinger, Porsche se Boxster.
Die Alpine se geheim is sy bakwerk wat volkome van aluminium is. Maar selfs al is die 4C van peperduur koolstofvesel, klop die klein Alpine hom steeds op die skaal.
Die skraal lyf beteken die Alpine se knap 1.8 liter-turbo (188 kW, 320 Nm, vier silinders) het steeds nie moeite om hom onder die magiese vyf-sekonde- merkie te laat versnel nie (4.6 sek.).
Renault was beslis nie skaam om die Alpine tot sy reg te laat kom nie. Die ratkas is ’n nuwe sewegang-outomatiese eenheid van Getrag (dubbelkoppelaar-tipe) wat die turbo se krag na die agterwiele stuur.
As deel van die bemarkingsplan gaan Renault eers net 1 955 eenhede onder die naam Premiere Edition bekend stel. Dit is om die Alpine se bestaansjaar te gedenk. Dié weergawes sal met skottelsitplekke, Fuchs-wiele, Brembo-remme en ’n bakwerk slegs in blou, swart of wit getooi toegerus wees.
Daarna sal die gewone produksiemodelle aanstaande jaar gebou word.
Verwag pryse oorsee in die omgewing van N$700 000, maar sy plaaslike prys wanneer hy hier aanland, is nog onbekend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie