u00c9u00e9n SMS kan jou N$1 000 ryker maak
u00c9u00e9n SMS kan jou N$1 000 ryker maak

Één SMS kan jou N$1 000 ryker maak

Dani Booysen
Daar was die afgelope week 'n paar rakelingse probeerslae in Republikein se Curriebeker-rugbyraai, maar die prysgeld van N$1 000 kon opnuut nie huis vind nie.

Die voorspellings vir die verloorspanne se eindtellings was te ver uit die kol.

Die prysgeld vir die eindstryd groei sodoende tot N$6 000 aan.

In 'n redelik onvoorspelbare seisoen, wat vandag sy tiende week betree, was nog net drie deelnemers aan die wenkant: Rudy Badenhorst van Windhoek (N$2 000 vir twee wenne), Jacobus Fisch van Keetmanshoop (N$1 000) en Edwin van Wyk, ook van Windhoek (N$1 000).

Probeer bly die beste geweer en net een geldige raaiskoot van 'n eindtelling kan jou dalk N$1 000 besorg.

Kyk in die kassie hoe om deel te neem. (SMS-lyn slegs aktief in Namibië.)

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer