'n Stabiele rand? Raar maar waar!
'n Stabiele rand? Raar maar waar!

'n Stabiele rand? Raar maar waar!

Ontleders waarsku enige politieke woelinge internasionaal of plaaslik sal die geldeenheid in 'n rigting stuur.
Hanlie Stadler



Stabiliteit is nie iets wat gereeld met die rand vereenselwig word nie, maar dis inderdaad wat op die oomblik heers.

Die geldeenheid verhandel nou al 'n paar dae lank in 'n nou band van tussen R14,25 en R14,38 teenoor die dollar, maar ontleders waarsku dat enige politieke woelinge internasio­naal of plaaslik die geldeenheid in 'n rigting sal stuur.

Dit sluit in enige uitlating oor die handelsoorlog met China wat pres. Donald Trump die naweek in Japan op die G20-beraad kan maak. Trump en Xi Jinping, sy Chinese eweknie, vergader op dié beraad.

Intussen het die Federale Reserweraad (Fed) dit weer duidelik gemaak hy gaan hom nie aan Trump se druk steur om sy rentekoers te verlaag nie.

Jerome Powell, Fed-voorsitter, het Trump nie Dinsdagaand in 'n toespraak voor diplomate by name genoem nie, maar het dit baie duidelik gemaak die Fed gaan hom nie aan “korttermyn- politieke druk” steur nie.

“Die kongres het besluit om die Fed op dié manier te isoleer omdat die kongres die skade gesien het wat dikwels ontstaan wanneer beleid buig volgens korttermyn- politieke belange.”

Powell wys ook op “dwarsstrome” in die Amerikaanse ekonomie wat deur “handelsontwikkelinge en kommer oor wêreldgroei” veroorsaak word. Dis ook 'n verwysing na die impak van Trump se handelstwis met onder meer China.

Gegewe al dié voorbehoude sê Powell hy en ander lede van die opemarkkomitee “worstel” met die vraag oor of die rentekoers verlaag moet word. Die Amerikaanse ekonomie groei gematig en inflasie is naby die Fed se 2%-teiken, maar Powell sê hulle wil nie “oorreageer” op ekonomiese syfers nie.

Ontleders is verdeeld, maar André Botha van TreasuryOne beskou Powell se toespraak as 'n aanduiding dat die Fed reeds in Julie die rentekoers sal verlaag, wat goeie nuus vir die rand kan wees.

Sedert Powell se toespraak het die goudprys egter effens teruggesak, maar dis steeds bo US$1 400 per fynons.

Intussen het die internasionale oliepryse weer gestyg ná die ­uitreiking van 'n verslag dat Amerika se ruolievoorraad aan die daal is. Brent-­ruolie, die basis van Suid-Afrikaanse petrol, het Woensdagoggend selfs US$66 per vat gehaal. Kriptogeld is op 'n baie sterk lopie en die bitcoin het US$12 500 verbygesteek.



Teen 10:30 het sake op die markte só daar uitgesien:

Geld

• US$: R14,31

• £: R18,15

• €: R16,27

Hulpbronne

• Goud: US$1 411,73

• Platinum: US$808,50

• Olie: US$66,11

Kriptogeld

• Bitcoin: US$12 512,09 (R193 500)

• Ethereum: US$328,83 (R5 074)

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!