u2019n Stukkie legkaart
u2019n Stukkie legkaart

’n Stukkie legkaart

Irene Van Der Walt
Ons lewe in ’n wêreld wat eenvormigheid verafsku.

Die Amerikaanse aktrise Gwyneth Paltrow het haar dogter Apple Paltrow genoem. Appel soos die vrug wat Eva die mensdom mee verdoem het.

Elon Musk, die man agter Tesla, is die jongste in lyn met X Æ A-12 (ek weet jy het nie eens probeer om dit te ontsyfer nie. Ek sal jou vergewe, want ek moes dit self opsoek). Die kinders wat sonder mamma en pappa se miljoene moet oorleef kan dalk die lot van ’n Raine, ’n Sommer of ’n Rae moet aanvaar – jy sien, nie soos die elke ander Rain, Summer of Ray nie.

Die naam Raine is een van die top-1000 gewildste name van vandag. So nou vra ek jou hoe uniek is lieflike klein Raine nou werklik? Hoekom is dit nodig vir Raine om van die eerste ontmoeting af die indruk te skep sy is anders as almal? As iemand in haar lewe nie die tyd en aandag wil spandeer om haar te leer ken nie, stel hulle nie belang om te weet of sy werklik uniek is nie.

Die waarheid is Raine sal self moet bepaal of sy teen die stroom wil swem, en as ek haar raad kon gee sou ek sê die maklikste manier is om jouself te vestig en om net jouself te wees.

My ma het my altyd gewaarsku dat dit selfvertroue verg om die onverkorte weergawe van jouself te wees.

Jy moet vrede maak dat nie almal ’n aanhanger is nie en soms sal jy die feit dat jy jouself laat lag moet aanvaar, al het niemand anders dit snaaks gevind nie.

In teenstelling met my ma se waarskuwing dat selfvertroue die eerste stap tot jouself is, wil ek sê dat dit juis vrede is – vrede met jouself, vrede met jou wêreld, vrede met die wêreld buiten jouself en vrede met die verhouding tussen die twee wêrelde. Eers as jy jou snaakse dansies in die publiek kan doen sonder om selfbewus te word sal jy die vreugde van die hofnar se lewe kan besef.

Die rol van die hofnar is nie veel nie, maar dit is myne. Die grapjas in die vriendekring is ’n noodsaaklike herinnering alles in die lewe is nie so hartseer soos jellie sonder vla nie. As jy altyd die lig in die lewe probeer wees kan jy soms vergeet van die donker.

Donker is ’n werklikheid van ons wêreld en iets wat een van my naaste vriende my gedurig moet help verwerk. As jy in die wolke lewe is die val aarde toe soveel harder en om die wonde te genees het ek my rasionele staatmakers nodig.

Hierdie vriend, wat naamloos sal bly vir sy privaatheid, het al menigte kere aan my toevertrou dat hy dink hy is vervelig en voorspelbaar. Vir iemand wat van een gekke oomblik tot die volgende leef is voorspelbaarheid juis die gemak wat nodig is wanneer ek weer van die wolke tuimel. ’n Vriend wat dink hy is presies soos elke Jan Rap en sy maat moet gereeld hoor van my lief en leed en soms moet hy skel oor hoe selfsugtig dit is om my eie wonde te lek.

Eers toe ek besef voorspelbaarheid het ook sy plek, kon ek myself begin oorreed dat ek nodig is, net soos ek is.

Voorspelbaar, vuurwerke vasgevang in ’n hangkas of iewers tussenin. Jy moet besef daar is plek vir jou iewers in die legkaart van die lewe – jou werk is om jou gaatjie te kry en die prentjie te voltooi. Niemand anders kan jou plek in die legkaart vul nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!