’n Stukkie Thailand in Namibië
Goeie diens, vriendelike personeel en uitsonderlike Thai-disse is ’n wenresep.
Tanja Bause - “Ek is baie bly oor elke gas wat my restaurant besoek en my ondersteun.
“Ek belowe dat elke dis wat hy of sy eet, die beste en mees outentieke Thai-kos moontlik is.”
So sê Duckie Scheepers van Cassia Thai Restaurant in Windhoek.
Sy en haar man, Skip, het die restaurant drie maande gelede in die Hidas-inkoopsentrum oopgemaak.
Duckie het vantevore Thai-restaurante in Thailand, Hongkong, Singapoer, Switserland en Nigerië besit.
“Ek het vir tien jaar saam met my suster drie Thai-restaurante in Lagos in Nigerië besit. Die Orchid House was die grootste, met sitplek vir 250 mense. Dit het in 2018 die Thai Select-toekenning gewen,” vertel Duckie.
Dié toekenning is geskep deur die Thaise departement van bevordering van internasionale handel, die ministerie van handel en die koninklike Thai-regering om bewusmaking van outentieke Thai-kos wêreldwyd te bevorder en die makers daarvan te beloon.
Dit was ook by dié restaurant waar sy vir Skip ontmoet het.
Hy vertel: “Ek was in die televisiebedryf en vir ses jaar in Lagos gestasioneer. Dit is toe dat ek vir Duckie leer ken het.”
Duckie vertel hulle was eers vir twee jaar op Hentiesbaai "wat baie mooi maar ook baie stil is. Ons het besluit om Windhoek toe te trek en ‘n restaurant oop te maak - presies wat ons gedoen het.”
Cassia Thai Restaurant
Die restaurant is vernoem na die nasionale blom van Thailand en het sitplek vir 40 mense.
“Alle Thai-mense het die vermoë om kos te maak. Dis in ons bloed. Ek dink dit is soos braai en potjiekos maak wat in Namibiërs se bloed is. Maar ek het ook op universiteit gasvryheid gestudeer en kookklasse geneem.”
Die twee Thai-sjefs, Supachai ‘Muk’, en sy vrou, Yupin ‘Oi’ Khema, berei al die kos voor.
“Hulle het in Thailand in my restaurant gewerk. Toe ek die een in Windhoek wou oopmaak, het ek hulle gevra of hulle weer vir my sal kom werk. Hulle was nog nooit buite die grense van Thailand nie, maar het nie gehuiwer nie. Nou maak hulle al die outentiese Thai-disse hier,” sê Duckie.
“Muk het self die Ka-Na Mhoo Crob, of bros vark met krulkool (kale), uitgedink. Hy het agtergekom dat mense nie dikwels vark bestel nie en het toe met dié dis vorendag gekom. Nou is dit ons beste verkoper.”
Muk is al 17 jaar lank ’n sjef en hy hou daarvan om Tom Yum Goong, 'n seekosgereg, te maak.
“Ek het self die sous gemaak. In Thailand is dit ’n baie gewilde dis, maar elke sjef het sy eie geheime speserye wat hy insit wat die dis eie aan hom maak. Wat ek die graagste eet, is Pad Thai- noedels,” sê Muk.
Oi werk die afgelope 12 jaar as ’n sjef.
“Crispy pork met krulkool is my gunstelingdis om voor te berei. Tom Yum Goong eet ek die graagste. Dit bevat al die nodige geure. Dit is kruierig, 'n bietjie branderig en ’n bietjie soetsuur, alles in een,” sê Oi.
Duckie is gereeld in die kombuis en maak seker elke dis wat daaruit kom, is perfek en volgens haar standaarde. “As die groente nie op standaard is nie, word dit nie in die kos gebruik nie. My kliënte betaal om by my te eet en hulle sal die bes moontlike Thai-kos kry. Ek moet eers met elke bord kos tevrede wees voordat dit my kombuis verlaat,” sê Duckie.
Skip wil hê dat Duckie meer by die ontvangs is met die klante te gesels, "maar sy sal eers die kombuis verlaat en uitkom as sy met elke dis gelukkig is.”
Die groente wat as bestanddele gebruik word, is klein kunswerkies. Net so dié wat as garnering die bord kleur gee en disse afrond.
“Ons kerf al die wortels wat soos blomme lyk met die hand. Ons kerf tot 800 blomme op ’n dag wat as versiering op die bord kom. Wanneer daar ’n stil oomblik in die restaurant is, sit ons almal met ’n spesiale mes wat uit Thailand kom en kerf wortelblomme,” sê Duckie.
Daar is agt mense in diens by Cassia Thai Restaurant.
“Ons is 'n groot, gelukkige familie en dis is een van die redes hoekom mense wat na ons restaurant toe kom ook so gelukkig is. Die kos is lekker, die geselskap en atmosfeer is puik, en jy voel tuis.”
Erastus
Skip vertel: “Ek was by ’n plek vir besigheid en het die badkamer gebruik. Ek het my selfoon daar vergeet en kar toe gestap toe ek iemand gewaar wat agter my aanhardloop. 'Meneer het die selfoon vergeet,' het die man geroep en die foon vir my teruggegee. Dit was Erastus, die skoonmaker.
"Toe Duckie en ek die restaurant oopmaak, wou sy ’n Namibiër aanstel sodat hy kan leer Thai-kos maak. Ek het onmiddellik aan Erastus gedink en hom gebel. Iemand wat so eerlik is, verdien ’n kans om meer van sy lewe te maak.”
Erastus Jesaja (28) is op Outapi gebore en het mettertyd Windhoek toe gekom op soek na ’n beter lewe. Hy was drie jaar lank ’n skoonmaker – totdat sy paadjie met Skip s'n gekruis het.
“Twee maande nadat ek die foon vir Skip teruggegee het, het hy my gebel en gevra of ek ’n sjef wil word. Ek het 24 uur kennis gegee en by die restaurant begin werk," sê hy.
“Ek het niks geweet nie en baie geleer in die laaste drie maande. Die begin was baie moeilik omdat die sjef nie Engels kan praat nie en ek nie Thai kan praat nie. Ek het geleer deur hom te na-aap.
“Vandag maak ek gebraaide rys, beesvleis met oestersous, en hoender met kasjoeneute. Ek kan ook al ’n bietjie Thai verstaan en praat. Die kommunikasie gaan al beter tussen my en die sjef,” sê Erastus.
“My familie is ook baie trots op my omdat ek nou iets leer en nie meer ’n skoonmaker is nie. Ek hoop om eendag ook my eie restaurant te besit. Ek sal die eerste Namibiër wees wat regte Thai-kos kan maak,” spog Erastus met reg.
Volgens Duckie moedig sy hom gedurig aan om te leer en nie moedeloos te raak oor die taalkwessie nie.
“Hy het nog nooit moed opgegee nie. Ook nie aan die begin toe die sjef vir hom iets gesê of beduie het en hy nie geweet het wat om te doen nie. Nou sê die sjef ’n woord in Thai en Erastus weet wat om te doen. Dit is wonderlik om hulle in die kombuise te sien werk.”
Yui
Yui Nakhwan werk die afgelope 15 jaar saam met Duckie.
“Sy is my regter- én linkerhand, en was saam met my by elke restaurant wat ek gehad het. Sy het Lagos toe getrek en die restaurant van niks af opgebou, sê Duckie.
“Ek was nog op universiteit toe ek deeltyds vir Duckie begin werk het. Ek is die bestuurder van Cassia, maar my eintlike passie is ontwerp. Ek het die spyskaart, naambord en plekmatjies ontwerp. Om die kos mooi te laat lyk, is natuurlik ook ’n vorm van ontwerp en hier kan ek my passie elke dag uitleef,” sê Yui.
Daar is ’n nuwe spyskaart met meer disse op.
“Soos ons die bestanddele van Thailand kry, kan ons disse byvoeg. In Thailand bedien ons gewoonlik net rys, maar mense hier hou van noedels. Dus het ons ’n paar noedeldisse uitgedink en bygevoeg.”
Vir ’n heerlike, outentiese Thai-disse, vriendelike en puik diens, en ’n wonderlike kuier, besoek gerus Cassia Thai Restaurant. Dit is Maandag tot Saterdag van 11:00 en 22:00 oop. Die disse is ook as wegneemetes beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie