'n Swart wegspring
Die tradisionele feesseisoen het die naweek met ramspoedige gevolge op Namibiese paaie afgeskop.
In een kop-teen-kop botsing laat Sondagmiddag op die gevaarlike roete na die kus het tien mense omgekom.
Naby Outjo het drie skoliere in ‘n ongeluk omgekom en op die grondpad agter Duin 7 nog vier mense.
By die skrywe was statistiek vir die naweek nog nie volledig nie, maar sterftes het op minstens 19 sedert die afgelope Vrydag gestaan.
Die woord tragedie is nie ‘n oordrywing nie.
Met talle hernude verkeersveiligheidveldtogte wat deur verskillende belanghebbendes, vennote en borge uitgerol is, moet elke Namibiër hom- en haarself vandag kliphard afvra hoekom dit lyk of oënskynlik niks meer ‘n verskil maak nie.
Sal ons ons lewens deur ‘n minderheid wetteloses laat regeer?
Die naweek se slagting bring die land nog ‘n bietjie nader aan die dodelikste jaar op ons paaie ooit. ‘n Dramatiese toename in veelvuldige sterftes tydens enkele ongelukke is deel van die swart statistiek.
Republikein het gister besluit om nié videomateriaal van die brandende wrakke op die B2-hoofweg te publiseer wat op sosiale media die ronde doen nie. Hierdie sensitiwiteit is in die digitale sensasie-eeu belangrik, maar ons moet ook nie doekies omdraai oor die rampomvang van ons probleem en die wetteloosheid wat dit veroorsaak nie.
Namibië se verkeersveiligheidrekord tot die skole weer in Januarie begin, is grootliks in ons elkeen se hande.
Mag die liewe Heiland ons genadig wees.
So sê ander
4 Desember 2017
Beeld, Die Burger en Volksblad sê
Die waarheid dat Europese rugbyspanne nie meer vir die Springbokke bang is nie, maak seer.
Veral die Bokke se rigtingloosheid (ondanks ’n “beweerde wedstrydplan”), basiese foute en swak agterspel (soos onbeholpenheid onder lugskoppe) op die veld word gekritiseer.
Vir die spelers se onvermoë op die veld kan die afrigter nie pa staan nie. Maar vir swak spankeuses, voorskriftelikheid oor hóé om te speel en onlogiese aanwending van plaasvervangers moet die afrigter die blaam dra.
By die Springbokke werk dit nie so nie. Die verskonings ná wedstryde dat die Bokke eintlik kón of móes gewen het en saai beloftes oor spangees en vordering deug nie meer nie.
Stoere ondersteuners sluk nie meer praatjies nie. Met Coetzee wat nie van plan is om te loop nie en Saru wat uitblink in futloosheid, is Bok-rugby se toekoms duister.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie