’n Tentstoel val soos die mure van Babilon
Des Erasmus - Dié keer was die kollaps nie myne nie. Het wel geval dat die biesies in die bedding van die Omaruru-rivier bewe. Het ook geval sonder dat ‘n druppel van die vog van die druiwetros gebruik is waarvan die manne van Beyerskloof en Neethlingshof so ruim geskink en mee gesmous het.
?
Amper soos oom Festus oor die valslag gesê het toe hy die skoot brandewyn in sy keel afgegooi het. “Laat hy dan val waar hy wil”.
Net so het ou Fessie gesê.
Tydens Omaruru se Kunsroete was die neutedop bra vol met al die “happenings”. Tog is daar nog ’n gaatjie vir pitkos. Waar die riviertent die vesting was van die simfoniekonsert en die Saterdagaand se uitspanplek, is die sand diep. Die sitbankies is van daai tipe waarvan die voetstukke invou. Netjiese kontrepsie, maar nie vir die diep sand nie. Met die sitslag trek die een kant alewig weg op soek na ’n vastrapplek. Amper soos slagysters. Kom toe vroeg om die Saterdagaand na George en dié snare se koebaai te luister. ’n “Bonnie Bride” naby my sê lankal dis tyd dat ek ’n bietjie kultuur inkry.
Pata! Pata!
So staan een van daai bankies, daai slagysters, op die wand van die ligkring waarin ek so graag beweeg. Hel ek vorentoe met die sitslag, tiep die bankie agtertoe in die sagte sand. Selwers meen ek die valslag was net ’n stonde, maar in ’n breukdeel van daai sekond sweef ’n wêreld voor my verby. Horisontaal. Slaat nog so ’n bankie met die kollaps met die agterkop en ook dié kantel en val. Soos domino''s. Geen skade en geen beserings nie, net ’n stywe gasie verleentheid.
Maar wat speel alles in daai tydflits af?
Wyle Jan Spies doem weer in my gadagtes op. Skryfseltjie in sy harde boerehande en die taalghoeroe sê vir my in anglisisties: “felisitasies”. Die verteller in die vuurkring is ene Sewes, die valslag op ’n klipbank tussen Torra- en Terracebaai waar die breekbrandertjies stadig oor die snotklippe spoel. Dan lees Dok Jan: “My Stones (buitebandsole) gly oor die snotklip. Ek skop op soos die susters wat die aand met die kerkbasaar kom dans het. Daai tyd kom my agterent ook saam en ek maak ’n sammersolt sonder dat die stok, die aaskannetjie of my viskit die aarde tref. As die sirkusmanne my net gesien kon kry, was ek vanaand lid van die Flying Sorreras. So aan die woer-woer kan ek egter nie bly nie en besluit met die tuimeling dat die landing gesigkant toe moet wees. Dis beter so teen skedelbreuk en konkussie. Net met die inkom van die branders tref ek die bank. Die hele uitspansel ontvou voor en bokant my terwyl ek gesigkant op die rots lê. Daar''s weer sterre oor die Khomas, maar hulle bewe so. Ek het niks hoor klap nie, dus het niks gebreek nie . . . My voete kry nie lekker getrap nie. Boudelangs draai ek om op soek na ’n vastrapplek. Nou''s dit Argentinië voor my, dan Hongkong, dan Los Angeles, dan Mariental.”
Sewes sê sy val het op die Richterskaal geregistreer.
In die feestent van Omaruru was dit dié keer anders. Waar ek soos Charlie Chaplin lê die slag toe hy inLimelight met sy sitvlak deur die basdrom geval het, is my eerste oogopslag op ’n pragtige boeremeisie by name Jani. Verneem later en hoor sy is Spannie s’n. Sy reik my die hand en roep mansmense om te kom help. En verneem na seer. Ek sal dié Jani vir altyd en vir ewig so onthou. Sy''s sproetloos, maar ek wil sing: “Sproetjies, jy''s pragtig . . .”
Ná haar was twee Omaruru-boere eerste by om my te help. Magtag, dié manne vat vas! Eins, zwei, drei . . . en daar staat ek regop en dankbaar op die lewe. Toe stoel toe waar nog een my later ophelp.
Hoor later nog twee ouens het ook so geval.
Omaruru se Kunsroete was lekker.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie