'n Tronkel sonder bedrieu00ebr of skelm
'n Tronkel sonder bedrieu00ebr of skelm

'n Tronkel sonder bedrieër of skelm

Dani Booysen
JOHN FREDERICKS SKRYF:

Een van die beskuldiges (jammer, skuldiges) wat beskou was (jammer, is) as die hoofnar van al die narre in die skreeusnaakse Avid-skandaal vra ter vesagting dat die hof hom nie moet tronk toe stuur nie, “want wat is 'n huis sonder 'n vader”.

Die person het die vermetelheid om die emosionele intelligensie van elke Namibiër te onderskat, en verder 'n beroep te doen op ons Christelike waardesisteem, deur sy vraag te kontekstualiseer met die alombekende vraag “wat is 'n huis sonder 'n vader”.

Vergifnis en versagting moet, soos enige ander aspekte van ons waardesisteem en regstelsel, berekenend, insiggewend en met menslikheid benader word. As 'n tamatieplant Christen wil ek eerstens aanvoer dat Christene wat oortree, wat die misdaad ook al mog wees, eers verantwoordelikheid moet aanvaar vir hul optrede, maar vir meer as 'n dekade en 'n half het die hoofnar ontken dat hy 'n misdaad gepleeg het.

Tweedens moet bepaal word teen wie was die misdaad gepleeg? In hierdie geval was dit die steel van geld wat aan die weduwees, die weeskinders en die siekes hoort, en wat sê ons Christelike waardes aan ons is ons plig teeenoor die weduwees, die weeskinders en die armes?

As 'n tamatieplant Christen wat nie wil oordeel nie, wil ek 'n beroep op die broer doen om vir God om genade en versagting te vra, en nie die hof nie, vir wat hy gedoen het aan sy naaste wat die meeste in nood was.

Ons slakkepasregstelsel is gebaseer op die regsbeginsel van “not guilty until proven guilty”. Dit wil sê dat die beskuldige nou, na die hof se bevindinge, 'n skuldige geword het. Dit beteken dat die skuldige nou gestraf moet word volgens die landswette en wetlike reëls wat ons samelewing reguleer.

Een van daai reëls uit doeriedae se filosofie was “men who steal, must go to jail”.

So in antwoord op die skuldige se vraag “wat is 'n huis sonder 'n vader” antwoord ek hom gebaseer op ons landswette en sy skuldigbevinding: dit is soos 'n tronksel sonder 'n dief of bedrieër.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!