u2019n Tyd van Kokkewiet-19-rapporte
u2019n Tyd van Kokkewiet-19-rapporte

’n Tyd van Kokkewiet-19-rapporte

Dani Booysen
Gerusstelling (vir die wat al gaar van dié kiem is): Buiten vir die verwysing na die wêreldwye Covid-19-pandemie as breë agtergrond, volg geen ander data of verwysings in die skrywe nie.

Belangrik, vir almal in die teenoorgestelde kamp: Dapperrerige Daniëltjie onderskryf nie samesweringsteorieë oor die siekte nie. Die skertsnaam in die titel is nie om te spot nie, maar ’n uitdrukking van digterlike vryheid.

Vir kwesbares is dit inderdaad ’n gevaarlike siekte wat dodelik kan wees, maar kom ons behandel dit medies en nie op maniere wat groot dele van die planeet teen die planke het nie.

November en Desember – en ook Januarie – is rapporttyd.

Nie net vir die skoolkinders nie, maar vanjaar opnuut ook vir die Namibiese demokrasie.

Party mense onthou dalk hoe hulle aan die einde van elke termyn of aan die einde van ’n skooljaar die heilige horries gekry het oor wat in daai briefie aan pa en ma gaan staan. Dikwels met rede. . .

In die doodsnikke van ’n erg ontwrigde skooljaar moet ons aan elke kind dink, want vir almal was dit moeilik, en vir die derduisende behoeftiges dalk nog erger. Sterkte met die eksamenvraestelle wat nog wag!

’n Uitgemaakte saak is dat baie, baie rapporte spore van 2020 se groot virusstryd gaan dra. En sommige waarnemers reken die pandemie kan ook beïnvloed hoe sommige kiesers gaan stem.

By die skrywe hiervan het kiesbeamptes nog nie begin stemme tel onder die wakende oog van partyverteenwoordigers en ander waarnemers nie. Nou dat ons terug by die potlood en stembrief is, is dit ook ’n ope vraag of uitslae nog stadiger, ewe vinnig of spoediger as met die stemmasjiene die lig gaan sien.

Namibië wag met groot opwinding.

En, soos ‘n kandidaat, waarskynlik ook met ‘n mate van spanning. Soos voor ‘n groot eksamen.

Dit is ewe gevaarlik om verkiesingsuitslae te voorspel as om die regbank vooruit te loop, maak nie saak of dit ‘n landdros of ‘n volbank van die land se hoogste hof is nie.

Algemeen kan ‘n mens egter wel jou hoop en twyfel onder woorde bring.

‘n Jaar gelede se rapport vir die Namibiese demokrasie het ‘n oplewing in die veelpartydemokrasie getoon. ‘n Herhaling daarvan lyk moontlik, maar is geen voldwonge feit voor die uitslae in is nie.

Haastige honde verbrand baie maklik hul monde.

Soos Amerika se Republikeine wat hulself agter die omstrede “Donald” –met-die-twiet-trompet Trump geskaar het? Uiteindelik het dié toe darem bes gegee; hoewel mens nie weet wat President Onvoorspelbaar nog alles kan aanvang nie.

Swapo sê hulle het die mense van Namibië gehoor. Die rapport sal wys of kiesers wat gewoonlik doodgehoorsaam aan die blou, rooi en groen was geluister, en geglo het.

Wat ookal die uitslag, ons moet streef na beter simbole vir bywoning op belangrike owerheidsvlakke wat nader aan die publiek is. Hoër punte sal wys ons demokrasie is gesond.

En dan moet ons dit so hou. Deur verkose leiers dag in en uit tot verantwoording te roep.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!