'n Uitdaging aan olifantvriende
'n Uitdaging aan olifantvriende

'n Uitdaging aan olifantvriende

Mandy Rittmann
S SCHRADER SKRYF:

Die 82 000 persone wat die klagskrif oor Voortrekker onderteken het, word hiermee uitgedaag om elkeen N$1 000 000 te skenk vir die skepping van ’n geëlektrifiseerde, omheinde natuurreservaat om die olifante daar te versorg en te beskerm. Met genoegsaame water en kos.

U kan nie die blaam lê op die ministerie van die omgewing en toerisme of enige ander persone wanneer daar ’n groot olifant geskiet word nie. Die olifante dring ons plase binne en vernietig alle waterinstallasies, drade, geboue, groot beskermde boomsoorte en trap lewendehawe en mense dood. Hulle veroorsaak miljoene dollars se skade.

Buitendien teel die olifante so vinnig aan dat ons oor ’n paar jaar ’n ontploffing in die olifantbevolking sal ondervind.

Ons regering het nie die geld om so ’n projek aan die gang te kry nie, dus vra ek: steek julle hande in julle sakke en help. Die organisasie Elephant-human Relations Aid (Ehra) op Swakommund kan dalk ook help om die projek aan die gang te sit.

Ek sal graag in Republikein op gereelde basis wil lees hoe ver die ondertekenaars van die petisie gevorder het met die uitdaging.

Sterkte.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer