‘n Veertjie in skolesport se hoed
Dié naweek gaan die sweet opnuut in Windhoek spat met talle skole wat sake in rugby, hokkie en netbal uitspook.
Einde Augustus vat streke se onder 17-voetbolspanne mekaar ook in Skorpion se sokkertoernooi aan.
Dinsdag merk ‘n kennis op TV-sport het vir hom (net voorlopig, natuurlik) nou erg opgedroog het. Dapperrerige Daniëltjie stel ‘n besoek aan ons plaaslike skole- en ander sportwedstryde voor – liggelowiges sal verbaas oor die talent wees.
Skole, onderwysers, ouers, leerlinge en alle ander helpers se beleggings in, en opoffering vir sport verdien ‘n veertjie in die hoed.
Pharos se spreekwoordegids wys egter hierdie beeld vir ‘n kompliment, of dan pluimpie, het geen onskuldige herkoms nie. Sekere volke het vir elke dooie vyand ‘n nuwe veer in hul kopdosse gedruk. In Skotland en Walvis kon die jagter wat die eerste houtsnip (“woodcock”) geskiet het, die voël se veer in sy hoedband dra.
Gegewe die rowwe bek- en ander gevegte wat oor sport kan uitbreek, moet ons dié hoed dalk liewer met olyftakkies opdollie?
Passeerde naweek was gesin des Boois langs die veld vir ‘n halfeindtryd. Maar ons tienerseun het pagoed, magoed en ander familie lankal streng beopdrag niemand mag kliphard skreeu, op en af spring of hul eie (en sy naam) op enige ander maniere met ‘n plank slaan nie.
Selfs met Hermanus Benjamin op die reserwebank was mamma Josie Saterdagmiddag egter nie heeltemal tjoepstil nie. Voor die eerste wedstryd ‘n klompie weke gelede het die trane al gevloei, en die naweek weer toe moeë kniekoppe in ekstra tyd voor die opponente se aanslag moes buig.
Pagoed hou hom met die selfoon se videokamera besig. En sal soms binnesmonds sjoe of iets anders prewel as daar goeie spel is – maak nie saak deur watter span nie.
Tydens ‘n ander wedstryd het die uwe wel ‘n paar swetswoorde vanaf die ooppaviljoenkant gehoor. En toevallig verbygestap waar ‘n afgehaalde afrigter met ‘n organiseerder ‘n appeltjie wou skil omdat hul span met ‘n enkele punt verloor het. Laasgenoemde het gesuggereer selfs om appels anderkant die omheining te gaan swaai, sal nie die skeidsregter se besluite of die uitslag verander nie.
Foute is deel van menswees. Soos spelers kan skeidsregters dus ook foute maak – hoewel dit natuurlik nie aspres en aanmekaar met onderduimse beweegredes moet wees nie. Soos ons elke dag mekaar se foute aanvaar en vergewe, moet ons dit ook in sport doen – en ons kinders die kultuur aanleer.
Vanwaar die aggressie by spelers en ondersteuners? Hope navorsing is al hieroor gedoen.
Op die web skryf ‘n psigo-analis as “vyand” is die teenstanders eintlik ‘n ewebeeld van jou eie span en sy ondersteuners. Maar “ons” span se foute word makliker oor die hoof gesien, of selfs heeltemal misgekyk en ontken. Aggressie en geweld op die veld kan volgens die skrywer dieselfde, aaklige kiem na toeskouers oordra – hoewel die aanstekery myns insiens ook in die teenoorgestelde rigting kan plaasvind.
Volgens meneer Psigo-analis sal dit skynheilig wees om die mens se natuurlike aantrekking tot die spannende wipplankstryd tussen toelaatbare en ontoelaatbare aggressie te ontken. As jy egter bewus is van die oorsake, kan gedrag makliker verander.
Hy noem sport “georganiseerde aggressie” wat aanskoulik en veilig moet wees. Vir Psigo-analis lê goeie sportmangees daarin dat spelers en ondersteuners wegholemosies – wat selfs ‘n skoonlief in ‘n ondier kan verander – met die erkenning van mekaar se menslikheid en kwesbaarheid moet temper.
Groot woorde – wat ook vir Dapper ‘n nuwe liggie aanskakel. Tieng, lui die klokkie.
Of verlede jaar se marakkas in ‘n groot eindstryd behoorlik hanteer is, bly vir Dapper ‘n ope vraag.
Verandering in sport – soos met alles – is moeilik, waarsku ‘n afrigtingswebwerf. Om hierin te “wen”, moet verskeie struikelblokke oorkom word. Van die “verskonings” klink só: Dinge werk anders hier, jy ken nie die kultuur van die sport nie, ons hoef nie te verander nie, dis nie hoe óns dit doen nie, ensovoorts.
Goeie sportmangees kan net seëvier as almal die uitdaging aanvaar om te verander.
Kom ons geniet die sport, ons kinders en mekaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie