’n Veilige hawe vir Tsumeb se kunssinnige jongmense
Die Tsumeb Arts Performance Centre, beter bekend as die APC, is ’n niewinsgewende organisasie wat onafhanklik van die regering funksioneer en hoofsaaklik op skenkings staatmaak om sy bedrywighede aan die gang te hou.
APC bied klasse in visuele kuns, drama, dans, kunsvlyt, musiekinstrumente en taallesse aan kinders, tieners en volwassenes – veral diegene wat werkloos is en uit gemarginaliseerde agtergronde kom.
Die sentrum het ’n personeelgroep van 30 onderwysers en tien bykomende helpers wat daagliks na tot 300 naskoolse studente omsien.
APC Tsumeb het in 2003 tot stand gekom en is op die munisipaliteit se perseel gebou. Dis ’n groot sentrum met 17 rondawels vir verskillende musieksoorte, ’n werkswinkel vir die herstel van musiekinstrumente en ’n galery waar visuele kunswerke uitgestal word.
Dié sentrum is die vierde van sy soort wat tot dusver in Namibië gebou is deur die projek se stigters, me. Lis Hidber en mnr. Hans Leu, wat intussen oorlede is.
Aanvanklik was daar vier sentrums voordat die staat die Otjiwarongo-sentrum oorgeneem het. Daar was ook ’n sentrum by Omagalanga, wat tussen Oshikuku en die Angola-grens geleë is. Die grond het egter aan die skool behoort en uiteindelik het hulle dit ook oorgeneem. Tans is daar nog twee sentrums, naamlik Tsumeb en Oshikuku, wat steeds onder die APC-sambreel en -riglyne bestuur word.
Die klaskamers is ingerig in kleurvolle rondawels, elkeen opgedra aan ’n groep instrumente, en dis hiér waar die kinders van Tsumeb kunsvorme kan leer en beoefen wat andersins nie binne hul bereik sou wees nie. APC-onderwys help leerlinge om in die skool te bly, motiveer hulle en sorg uiteindelik vir verbeterde houdings, skoolbywoning en akademiese prestasie.
Afgesien van musikale vermoë, skep hierdie lesse ook ’n sin van doelgerigtheid vir hierdie kinders en skep geleenthede vir indiensneming en vaardigheidsontwikkeling.
Hoewel APC deur leerlinge van verskillende maatskaplike agtergronde besoek word, word die meeste van hulle deur armoede en werkloosheid in die gesig gestaar. Die sentrum bied dus nuwe perspektiewe en geleenthede vir studente om te leer en hul lewens te verbeter. Diegene wat ’n sekere vaardigheidsvlak verwerf, het ’n kans om as onderwyser of instrukteur aangestel te word en hul kennis aan ander voornemende studente oor te dra.
Formele en staatswerkgeleenthede in orkeste word ook geskep, aangesien verskeie al by die Namibiese vloot-, polisie- en weermagorkeste in diens geneem is. Sommige graduandi kon hul brood verdien as professionele musikante en kunstenaars, terwyl ’n paar daarin geslaag het om kleiner musiekskole in hul onderskeie gebiede op die been te bring.
Benewens die musikale onderrig, is dit bewys mense betrokke by uitvoerende kunste is in staat om die gees, emosies en liggaam te betrek op maniere wat hulle in staat stel om behoorlik deur realistiese situasies te vloei met empatie, begrip, emosionele intelligensie en selfvertroue, asook om met hul verskillende eweknieë te kommunikeer.
Die APC bied die volgende klasse aan:
INSTRUMENTEEL:
Kitaar
Klawerbord
Klavier
Saksofoon
Tjello
Fluit
Ukulele
Trompet
Tromboon
Tuba
Tromme
Xylofoon
Klarinet
Harp
Marimba
Viool
Blokfluit
Musiekteorie
VISUELE KUNS:
Fyn kuns
Kunsvlyt
Ontwerp van bykomstighede
ANDER:
Dans
Drama
Swahili
Preprimêre musiekonderrig
Herstel van musiekinstrumente
Tuinbou en groenteboerdery
Kreatiwiteit en breinstimulasiespeletjies
GALERY, TONEELSTUKKE EN AFRIKA-DANSE
APC Tsumeb het ’n kunsgalery waar studente, onderwysers en ander plaaslike kunstenaars se visuele kunsprodukte, konsertfoto’s en CD’s uitgestal en verkoop word.
Alle winste word gelykop tussen die kunstenaars (studente en onderwysers) en die sentrum verdeel.
Toneelstukke en Afrikadanse word op die tweede en vierde Saterdag van elke maand opgevoer om die studente se talente ten toon te stel en die sentrum broodnodige openbare blootstelling te gee.
Meer onlangs het APC ook ’n paar flieks geskiet met die hoop om dit op nasionale en internasionale televisiekanale sowel as op sosialemediaplatforms soos YouTube uit te saai.
SORG VIR INSTRUMENTE
Die APC-werkswinkel is ’n belangrike deel van die sentrum waar plaaslike inwoners geleer word hoe om die verskillende musiekinstrumente wat in die skool gebruik word, te bou en in stand te hou.
Hierdie vakmanne het so bekwaam geraak in hierdie hoogs gespesialiseerde kuns dat musiekinstrumente van oral in Namibië na Tsumeb gestuur word vir herstelwerk.
ONDERWYSERS EN PERSONEEL
Plaaslike gemeenskapslede word as onderwysers by die sentrum aangestel en hul toewyding speel ’n kardinale rol in die sukses van hierdie inisiatief.
Alhoewel APC-onderwysers kunsteorie- en praktiese klasse aanbied, is hulle terselfdertyd ook studente wat verskillende instrumente bespeel – sommige speel drie of meer – en onder mekaar leer tydens oggendsessies.
Sonder die onvermoeide pogings van hierdie onderwysers, personeellede en die ruim skenkings wat hierdie sentrum aan die gang hou, sou hierdie kinders geen uitlaatklep vir hul kreatiewe ambisies hê nie en sou Namibië ’n armer plek wees sonder die bevordering van hierdie ontluikende talent.
MYLPALE
Die APC is trots op dít wat hulle al die afgelope 19 jaar kon bereik. Die sentrum streef daarna om kinders van die strate af te hou en sodoende te verhoed dat hulle in dwelms of ander verbode middele verval en aan ander vorme van groepsdruk onderwerp word.
Lesse soos drama, dans en musiekonderrig skep ’n veilige ruimte vir leerlinge wat nie so akademies begaafd of bekwaam is nie om hul talente verder te ontwikkel. Daarbenewens het die sentrum al baie deure vir studente oopgemaak in terme van loopbaanvooruitsigte en werkskepping.
Voormalige APC-studente word dikwels onderwysers en instrukteurs by dieselfde sentrums. Die sentrum het voormalige studente en personeel gehelp om as staatsamptenare aangestel te word deur orkeslede vir die Namibiese polisie, weermag en vloot te word. Danksy die taalsentrum wat Swahili-klasse aanbied, het diegene wat daarop uit is om vertalers te word, ook meer geleenthede in die toekoms.
Swahili is ’n amptelike taal van Oos-Afrika-lande soos Kenia, Uganda, Tanzanië, Rwanda, Burundi en Suid-Soedan. Die klas help diegene wat in die bogenoemde lande reis of sake doen om beter en duideliker met plaaslike inwoners te kommunikeer.
Die APC poog om die kurrikulum van die Namibiese ministerie van onderwys aan te vul met die vakke wat in die sillabus weggelaat word, naamlik kuns, kunsvlyt, dans, optredes en musiek.
Die sentrum streef ook daarna om demokratiese denke onder jongmense te bevorder deur ’n platform te skep waar leerlinge vryheid van spraak tydens studentevergaderings op Vrydae kan uitoefen. Alle studente lug hul eie opinies, voorstelle en sienings oor wat hulle by APC wil verander en hul insette word tydens die personeelvergaderings in ag geneem.
Bankbesonderhede vir skenkings:
Namibië:
Rekeninghouer: APC – Tsumeb; Standard Bank Tsumeb-tak; rekeningnommer: 041624157; SWIFT-kode: SBNMNANX Namibia.
Switserland:
Rekeninghouer: Lis Hidber/APC NAMIBIA; Bank: Raiffeisenbank CH; rek.no.: 38580 0060; Dorpskode: 8887; Mels SG Switzerland; Takkode: 847-734; IBAN: CH59 8080 8003 8580 0060 6.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie