’n Viering van Duits-Namibiese kultuur
Die vele fasette van die Duitse kultuur en die Duits-Namibiese samewerking sal weer vandeesmaand vir die vierde keer aangebied en deur die hele land gevier word.
Met German Weeks 2021, wat amptelik vandag afskop, sal die Duitse ambassade in Windhoek en verskeie ander “Team Germany”-vennote 'n reeks kulturele en ander geleenthede aanbied wat Duits-Namibiese betrekkinge illustreer.
Die geleenthede sal verband hou met die Duitse taal, ontwikkelingsbande, kultuur, kuns en wetenskap. As gevolg van die Covid-19-pandemie, sal die meeste geleenthede aanlyn aangebied word of onderhewig wees aan vooraf registrasie.
Besoek die Duitse ambassade se webwerf by https://q.my.na/ENQ0 om die propvol program vir Junie te sien.
Let daarop dat korttermynveranderings aan die program nodig mag wees as gevolg van die pandemie.
Alle geleenthede sal ook op die ambassade se Facebook-bladsy aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie