u2019n Viering van Duits-Namibiese kultuur
u2019n Viering van Duits-Namibiese kultuur

’n Viering van Duits-Namibiese kultuur

Yandi Du Plessis
Hoewel die aanvang van die German Weeks 2021 maar enkele weke gelede aangekondig is, moes baie van die geleenthede op dié kalender reeds gekanselleer of uitgestel word weens die huidige Covid-19-situasie in Namibië.

Die doel van German Weeks is om die vele fasette van die Duitse kultuur in Namibië, asook Duits-Namibiese bande te vier. Vanjaar wou die Duitse ambassade in Windhoek en verskeie ander lede van Team Germany 'n reeks kulturele en ander geleenthede organiseer om die kollig te plaas op Duits-Namibiese betrekkinge.

Sommige van dié geleenthede kan gelukkig steeds aanlyn voortgaan. Die ambassade het onlangs trots aangekondig dat 'n klassieke regstreekse konsert as deel van dié inisiatief aangebied gaan word.

Die talente van die jong Namibiese en Angolese kunstenaars Glaucio Ngaca, Natasha Ndjiharine, Trudi Gertze en Ebbie Becker sal tydens die aanlyn konsert ten toon gestel word. Die vertoning vind op 2 Julie om 19:00 plaas en word regstreeks op die Duitse ambassade se Facebook-blad uitgesaai. Mozart se komposisies sal hoofsaaklik uitgevoer word, sowel as dié van Händel en die kunstenaars se eie komposisies.

“Ons sien daarna uit om u aan die ander kant van die skerm te groet!” het die Duitse ambassade gesê.

Die German Weeks 2021-program is hier beskikbaar (QR): https://q.my.na/WA0S

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!