’n Viering van Europese, Namibiese klanke
‘Musiek is ’n universele taal’
Yandi du Plessis
Die nasionale kultuurorganisasies van die Europese Unie (Eunic) het verlede week aangekondig dat die Euro Namibia Music Festival vanjaar vir die derde keer aangebied sal word, dié keer net effens anders as vantevore.
Eunic is ’n vennootskap tussen nasionale kultuurorganisasies van Europese Unie (EU)-lidlande wat hul lande se kulturele en opvoedkundige bande met ander lande oraloor die wêreld onderhou. Die organisasie het lede in meer as 150 lande, met meer as 2 000 kantore, en fokus op die gebied van kuns, taal, onderwys, jeug, wetenskap, interkulturele dialoog en ontwikkeling.
Die Eunic-afdeling in Namibië het oor die jare verskeie kulturele geleenthede aangebied, waaronder film- en musiekfeeste.
Vanjaar se Euro Namibia Music Festival sal eerskomende Vrydag by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) plaasvind.
Die eerste sessie sal tussen 17:00 en 19:00 plaasvind en die tweede sessie vanaf 19:30 tot 21:15. Tydens dié sessies sal verskeie plaaslike en Europese musikante optree.
Die lys van kunstenaars is saamgestel met die doel om die plaaslike en kulturele landskap te stimuleer en versterk, kreatiwiteit en innovasie te bevorder en innovasie en die diversiteit van Europese musiek uit te brei.
Die Europese musikante wat gaan optree, sluit die Franse jazz-kunstenaar Clément Reboul en Dota, ’n sanger en liedjieskrywer van Berlyn en sanger van die groep Urban Pirates in.
Die Portugese orkes Senza se klank word deur musiekstyle van onder andere Portugal, Brasilië en Cape Verde beïnvloed. Die Spaanse sanger Sergio de Lope en sy ensemble kombineer flamenco en jazz.
Die plaaslike musikante wat gaan optree, sluit in Big Ben Kandukira, uitvoerende en opnamekunstenaar, wie se werk fokus op Afro Pop, Afrobeat en 'n kombinasie van genres met 'n sterk teenwoordigheid van stamritmes, melodieë en plaaslike tale, en Erna Chimu 'n Namibiese Afro Jazz en tradisionele sanger wat in 2014 ’n Nama-toekenning gewen het.
“Die musiekbedryf is hard deur die Covid-19-pandemie getref, met groot feeste, vertonings en toere in Namibië en oraloor die wêreld wat uitgestel of gekanselleer is. Maar ons moet aangaan. Ons moet aanpas by nuwe realiteite, nuwe neigings – soos regstreekse uitsendings. In hierdie opsig is ons opgewonde en dankbaar dat die Euro-Namibia Music Festival hierdie jaar nog kan plaasvind, ondanks die huidige uitdagings. Die EU en die lidlande het tegniese en finansiële hulp verleen om hierdie musiekfees aan te bied – met die doel om by te dra tot die ontwikkeling van die kulturele en kreatiewe bedryf in Namibië. Dit sal gedoen word, onder meer om die bedryf te help om geleenthede wat voortspruit uit digitalisering, aan te pas en benut,” het me. Sinnika Antila, die EU-ambassadeur in Namibië, tydens die bekendstelling van die musiekfees gesê.
Die EU se strategie vir internasionale kulturele verhoudinge wil opnuut ’n gees van globale solidariteit kweek, het Antila bygevoeg.
“Musiek is ’n taal wat wêreldwyd verstaan word. Dit verbind ons almal, verlig spanning en troos die siel en verstand.”
Slegs ’n beperkte aantal kaartjies is vir die vertoning beskikbaar en kan by die FNCC gekoop word. Die geleentheid sal ook regstreeks op die Eunic Namibia Facebook-blad uitgesaai word. Huidige Covid-19-regulasies sal gevolg word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie