u2019n Ware jagluiperd-ondervinding
u2019n Ware jagluiperd-ondervinding

’n Ware jagluiperd-ondervinding

Gerine Hoff
Die wêreldbekende Jagluiperd­bewaringsfonds (CCF) is sowat 40 km buite Otjiwarongo geleë en van daar word die afgelope 24 jaar navorsing oor Afrika se mees bedreigde groot kat gedoen.
Die CCF se stigter, dr. Laurie Marker, glo dat jagluiperds – saam­ met ander inheemse wild – onder die land se grootste natuurlike­ hulpbronne­ tel en dat alle mense, maar veral Namibiërs­, die geleentheid­ moet hê om meer oor dié dier te­ leer.
Juis daaroor is die CCF se opvoedkundige­ sentrum elke dag van die jaar, behalwe 25 Desember­, vir die publiek oop. Hier word ’n verskeidenheid opwindende­ en opvoedkundige­ aktiwiteite­ aangebied­, insluitend­ ’n interaktiewe­ jagluiperd-­museum­­ en die ongelooflike­ geleentheid­ om ’n paar naby-­skote­ te neem tydens die jagluiperd-­safari of die “Cheetah Run” (slegs met ’n afspraak).
“Ons nooi almal om ’n paar uur, die dag of selfs oornag saam met die CCF deur te bring, om jou eie ‘jagluiperd-­ondervinding­’ te geniet,” sê Marker. “Om die ongelooflike­ spoed en krag van hierdie dier te beleef, is ’n ondervinding­ wat jy nooit sal vergeet nie.”
Die CCF is vir soveel as 40 wees-jagluiperd­s­­ ’n veilige hawe. Hier kry besoekers die geleentheid om dié diere van naby te besigtig­ deur middel van die verskillende­ ­safari-besigtigingstoere wat op die natuurreservaat aangebied­ word. Hier leer ’n mens ook meer oor die CCF se bekende vee-bewakingshonde­­­, die Anatoliese­ skaaphond en die Kangal, wat boere oral in Namibië help om hul lewendehawe­ teen roofdiere te beskerm.
Die CCF se modelplaas deel inligting­ oor roofdier-vriendelike­ maniere om lewendehawe en wild te bestuur, en dit dien ook as ’n opleidingsentrum­ vir die organisasie­ se “Boere vir Afrika”-program.
Vir besoekers of groepe wat meer as net ’n dag hier wil deurbring­, bied die CCF ’n verskeidenheid­ oornaggeriewe­ wat wissel van die luukse drieslaapkamer-gastehuis, tot die boskamp, Camp Lightfoot, wat 35 mense kan huisves.
Spesiale toere deur die CCF se Dancing Goat-botterfabriek word aangebied, terwyl die Cheetah Café heerlike produkte­ (soos kaas, roomys en fudge) van dié fabriek asook ligte ontbyte, middagete­ en verversings verkoop.
Stuur ’n e-pos aan visit@ccfnamibia.­org, besoek www.cheetah.org of skakel 067 306225 vir meer inligting­.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!