'n Wil is nodig vir verandering
INWONER VAN HARDAP SKRYF:
Ry ek die ander dag met besoekers trots uit na ons Hardapdam om so 'n bietjie te gaan ontspan en te spog met ons eie Namibiese goete. Groot was my verleentheid oor wat ek daar kom aantref het.
By die hek sit die natuurbewaringsbeamptes in halwe uniforms op flenter plastiekmeubelstukke rond. Een het 'n uniformhemp aan en die ander 'n broek. Albei het kleurvolle plakkies en aanvullings vir kleding aan. Die haarstyle en grimering kom van die vorige aand af, of dit is in voorbereiding vir vanaand se kuier, maar dit lyk nie goed saam met die gedeeltelike, offisiële uniform en die werk wat verrig moet word nie.
Die hek is skeef gestamp en die eerste indruk van die verwaarloosde ingang is nie goed nie.
Ons word vriendelik gegroet en meegedeel dat die beampte wat die betaalkantoor beman eers later terug sal wees, so ons moet maar inry en met die uitkomslag betaal. So gedoen.
Net deur die hek, op linkerkant, staan 'n tamaai visteelaanleg onder die vaandel van "Ministry of Fisheries and Marine Resources" wat in 'n totale staat van verval is. (Dit moes miljoene gekos het om te bou.)
Ek het toevallig so 'n paar jaar gelede gaan kyk na van die toerusting wat die Chinese bouers van die aanleg wou verkoop en ek was baie beïndruk met dit wat hul daar staangemaak het. Van daar af het daar egter op die oog af nog nooit weer 'n enkele mens daar gesig gewys nie en al die tonnels en toerusting is flenters, die damme staan leeg en die bokke wei op die perseel. Die hek hang oop en die duur filters en pomptoerusting staan in die son en verbrand.
Ons ry verder aan en draai in by die afdraai na die bootklub met kampeerplekke en braaiplekke om te gaan kyk wat daar aangaan. Die ablusieblok se deure is af en al die vensters is stukkend. Water loop by die deur uit.
Rommel lê die wereld vol en van die eens pragtige braaiplekke, koeltebome en geriewe vir dagbesoekers is daar nie veel oor nie.
Ry toe maar af tot teen die water so tussen die rommel deur en klim daar uit net om te aanskou hoe mense met ook sulke stukke van groen uniforms aan met 'n boot die dam inry en hul kief nette met 'n klomp vis gaan optel en weer stel. Net regs van ons sit 'n dik span Chinese met handlyne en vang visse van so klein as 15 cm tot 40 cm by die dosyne en alles gaan in 'n sak wat seker later by die hek sal uitgaan. Die amptenare op die boot sien niks!
Ander dagbesoekers kom in, maak vuur, raas en rumoer, los al die rommel net daar teen die waterkant en ry weer. Ons tel die gemors op en ry na die drom om weg te gooi, maar dit is duidelik dat die drom maande laas skoongemaak is en ons vat maar die ander spannetjie se rommel ook saam.
Skande dat die eens trotse Hardapoord vandag so lyk! En dit na al die geld wat onlangs daar ingesteek is. Om nie te praat van die splinternuwe ongebruikte visaanleg wat totaal vernietig daar staan terwyl die ministeries se personeel die dam se visse met onwettige kief nette uitvang voor die oë van die publiek?
By die hek gekom, stop ons om te betaal. Die span wat so gemors het ry met luide musiek verby en by die ingang uit met 'n waai van arms en 'n luide groetery. Wonder of hulle ook betaal het om in te kom en ek wonder of die Chinese sou betaal met hulle vertrek.
Ry toe maar na die Mariental stortingsterrein met ons sak vol van die ander span se vuilgoed net om halfpad om te draai en maar die sak by die huis te gaan weggooi. Die stortingsterrein beslaan seker al 'n groter oppervlak as die dorp en dit word net groter en groter met geen plan om dit toe te kamp, te beheer of te herwin nie. Die gemors waai die wêreld vol en geen mens kan dit waag om die hoofstortingsterrein binne te gaan sonder dat jy met pap wiele en 'n miljoen vlieë in jou kar daar uitkom nie. Chaos.
Laastens sien ek ook dat alle pogings om die Prosopusbome en riete in en om die rivier onder beheer te kry, nou laat vaar is. Namibië sal aanstons nie meer 'n land van vlaktes, duine en kameeldoring bome wees nie, maar 'n vuilgoedhoop onder dekking van die Prosopus.
Komaan mense, kan Hardapatreek, ons rade, NWR, MET, visserye en almal met 'n belang in Hardapstreek nie maar sokkies optrek en die ander wys wat gedoen kan word nie? Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie