’n Wêreld van nuwe beleggings
Fondsbestuurders begin kyk na die volhoubaarheid van maatskappye en in watter mate hul aksies positief tot gemeenskappe bydra.
Theo Vorster En Yolande Botha – Die wêreld om ons is besig om te verander. Mense word al hoe meer bewus van die omgewing waarin ons leef en wat ons invloed daarop is.
Herwinning van afvalprodukte en ander materiale word ’n daaglikse gewoonte in die meeste huishoudings.
Maatskappye begin ook aanpas. Dink maar aan die beweging van diesel- en petrolaangedrewe motors na elektriese motors. Dan is daar uitvoerende hoofde wat soos skurke optree en teenoor niemand verantwoordelik is nie, bv. Steinhoff en myne wat die gesondheid en veiligheid van hul werknemers ignoreer ter wille van hoër winste.
Dit is ’n paar voorbeelde van vraagstukke waarmee ons gekonfronteer word en wat etiese vrae wek.
Die beleggingswêreld is besig om vinnig hierby aan te pas. Fondsbestuurders begin kyk na die volhoubaarheid van maatskappye en in watter mate hul aksies positief bydra tot die gemeenskappe waarbinne hul sake doen.
Dié wêreldwye bewuswording fokus veral op drie elemente: die uitwerking op die omgewing waarbinne hulle sake doen; die maatskaplike invloed op die gemeenskappe wat deur die maatskappy geraak word; en eerlike, opregte, wetsgehoorsame korporatiewe burgerskap. In die beleggingswêreld word die Engelse afkorting ESG (Environmental, Social en Governance) gebruik om dié vertrekpunt saam te vat.
Die tydskrif Fortune reik jaarliks ’n “Change the World”-lys uit wat maatskappye identifiseer wat meetbare maatskaplike veranderinge meebring, die sakeresultate van hul werk en die graad van innovering binne die maatskappye. Dit is erkenning aan maatskappye wat die massiewe uitdagings van openbare gesondheid, die omgewing en ekonomiese en maatskaplike probleme takel.
Vodacom is die enigste Suid-Afrikaanse maatskappy wat die lys gehaal het – 25ste uit 52 maatskappye wat genoem word.
In die openbare gesondheidsektor is daar gereeld tekorte aan noodsaaklike medisyne. Die maatskappy het ’n app ontwerp wat die voorsieningskanaal deursigtig maak. Dit waarsku aptekers wanneer die voorraad van dié soorte maatskappye daal en skuif voorraad soos dit nodig word.
Nr. 1 op die lys is Qualcomm. Hulle maak elektroniese skyfies wat verenigbaar met 5G is. Hulle is besig om sensors te vervaardig wat bitter min krag benodig.
Hiermee kan jy byvoorbeeld lug- en watergehalte deurlopend monitor. Boere sal weet presies hoeveel water en kunsmis vir hul landerye benodig word en selfaangedrewe motors sal met mekaar kan kommunikeer om verkeersknope te vermy en uitlaatgasse te verminder.
Mastercard het ook die lys gehaal (nr. 2) en sy doelwit is om 500 miljoen mense te bereik wat voorheen geen toegang tot finansiële dienste gehad het nie.
Die maatskappy het reeds 400 miljoen mense bereik.
Hy verskaf opleiding in finansiële geletterdheid, gee toegang tot krediet, help entrepreneurs met bemarking en meer. Dié veldtog het veral goed in Indië gewerk waar hulle vroulike entrepreneurs op die program geplaas het; 3 275 besighede is so tot stand gebring.
’n Interessante een is MOD Pizza (nr. 28), wat mense aanstel wat moeilik anders werk sou kry. Dit is mense met liggaamlike, intellektuele en ontwikkelingsgebreke, asook mense wat in die tronk was. Die laaste een maak ’n groot verskil omdat dit bewys is dat die grootste oorsaak vir herhaalde misdaad werkloosheid is.
Maatskappye begin besef dat hulle by ons veranderende wêreld moet aanpas om relevant te bly vir die nuwe generasie verbruikers.
Beleggings- en fondsbestuurders begin ook in hierdie maatskappye belê. Nest, een van die grootste pensioenfondse in Brittanje, het besluit om kapitaal uit British American Tobacco te onttrek, nie omdat hulle ’n morele of etiese probleem met tabak het nie, maar omdat daar te veel faktore is wat wins van dié maatskappy kan beïnvloed, soos wetgewing teen tabakprodukte en ’n wêreldwye afname in die gebruik daarvan. Dit is dus ’n sakebesluit, maar val heeltemal in by die nuwe manier van dink.
Beleggers begin meer en meer kyk na geleenthede in maatskappye en fondse waar hulle ook ’n invloed kan hê vir ’n beter wêreld. Dit klink na ’n wen-wen-oplossing.
In ’n onlangse navorsingstuk (Have your cake and eat it) het dr. Dhingna en Olson ’n ontleding gedoen van die S&P 500-maatskappye met ’n hoër ESG- (volhoubaarheid) gradering teenoor daardie maatskappye met ’n laer gradering. Hul studie oor die 500 genoteerde maatskappye het die tienjaartydperk tot einde 2018 gedek. Die gevolgtrekkings was:
· Maatskappye met ’n hoër ESG-volhoubaarheidsgedradering presteer beter as maatskappye met ’n laer gradering.
· Die aandeelprys van maatskappye met die hoër gradering is minder wisselvallig.
· ’n Morningstar-studie het tot die gevolgtrekking gekom dat daar geen rede is dat ’n portefeulje wat fokus op ESG enigsins swakker presteer of jou minder beleggingskeuses gee as ’n gewone portefeulje sonder enige ESG-beginsels nie.
Dit is hoog tyd dat beleggers, fondsbestuurders en adviseurs ’n sterker rol begin speel as dit kom by die toewysing van hul kapitaal en vereis dat maatskappye wys dat hul verantwoordelike korporatiewe burgers is, alvorens ek my geld aan hulle toevertrou.
· Theo Vorster is die uitvoerende hoof van Galileo Capital en Yolande Botha is hoof van welvaartbeplanning. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie