'n Wêreld vol vreudge
Ek is versot op musiek. Veral die ouer goed. Om meer spesifiek te wees, daai era waarin almal hoë hare en wyepypdenims gedra het. Party onthou dit as die groen dae, die Woodstock-manne. My ouers het baie met hierdie verslawing van my te doen.
Dire Straits se “Sultans of Swing” speel daagliks in my kop. Veral daai een stuk waar die kitaar so vinnig en prominent deurkom. Pragtig. Moenie eers dat ek met Fleetwood Mac, Suzanne Vega, Janis Joplin, Rolling Stones, Luka Bloom, Neil Young, Bob Dylan, Leonard Cohen, Dog Detachment, Tracy Champan, Chris de Burgh, Chris Rea, Andrea Bocelli en die res van daai era begin nie.
Ek kan vir ewig aangaan as julle my los. ‘n Lewe sonder musiek is ‘n lewe sonder vreugde. Dis hoe dit is. Jammer. Ek probeer my ’n lewe sonder musiek voorstel, maar ek sukkel. Ek kan beswaarlik myself indink hoe dit moet wees. Nie vir my nie, hoor.
Sedertien het baie in die musiekwêreld verander. Dis inderdaad ‘n hele nuwe bestemming, die musiekbedryf. Goed is anders. Ek sê nie dat dit noodwendig slegter gaan nie, maar dit voel vir my asof ons met jellie sit wat te veel water in het. Jy proe, maar dit is flou. Iets kort.
Hier en daar spring ‘n ietsie uit wat jou laat luister. Wanneer laas het jy jou radio aangesit en hoendervleis gehad? Of die kar moes aftrek om die harmonie in te neem? Dit het bitter lank laas met my gebeur. As ek daai soort van emosie wil ervaar, moet ek op YouTube, Spotify of Deezer rondkrap.
Of in die onderste laai ‘n CD van my pa soek en hopelik ‘n CD-speler wat werk iewers opspoor.
Dis is eintlik hartseer om te sien wat die internet aan al die fasette van die lewe gedoen het. Volgens my het die musiekbedryf die grootste knou onder die nuwe moderne regime gekry. Hier is my voorbeeld.
Iemand speel anderdag vir my ‘n baie beroemde musikant se nuutste treffer. Dis ‘n dame van Amerika. Sy is geweldig bekend en die mense koop alles van haar. Ek kan my lag nie keer van al die opwinding nie, dalk is dit iets wat anders klink. Of miskien hou ek daarvan.
Die liedjie begin met iets wat klink soos katte wat vir lawa weghardloop. Jy kan dit nie glo nie. Ná die katte tree ‘n kitaar in.
Dié klink of hy saam met die katte hardloop. Die stem sing lirieke wat niks beteken nie.
Ek sê nie alles wat gesing word, moet ‘n magdom wysheid bevat nie, maar ons worry nie oor jou eks-boyfriend se mooi vingernaels nie. Ons doen regtig nie. Die liedjie se koor is morsig. ‘n Bondel wasgoed het meer rigting en koördinasie as daai tragedie.
Dis viole, klaviere, digitale goed, die katte en nog ’n klomp onnodige dinge. Ek is naar.
“Dis die inding nou,” sê bra, “sit nou die radio aan en hoor hierdie song.”
“My hart is seer,” antwoord ek, “is dit hoe die res van haar goed ook klink?”
“Erger. Ek is te bang om dit vir jou te speel. Jy lyk honger en dan is jy agressief.”
“Korrek. Los eerder. Ek is swak,” sê ek.
Ons luister ‘n stuk verder.
Dis nog chaos. Dis woes. Dis hard. Dis deurmekaar.
Dis alles wat ek nie soek nie. Vermoedelik is daar ‘n generasie van musiek, ek dink dit was in die vroeë 2000’s, wat ons gemis het. Of daar was nie baie aandag aan daai fase geskenk nie. Alles daarvoor kan ons mee werk. maar jy moet ver en lank soek.
Ek klink soos ‘n pessimis, maar dis net my eerlike opinie. Saterdag kuier daai einste bra by my. Ek kook heerlike kos en oral brand kerse. Dis toe dat ek vir ons musiek aansit. Die soort van musiek wat in die inleiding van hierdie rubriek genoem word.
“Dis ‘n fees,” sê bra.
“Ek ervaar vreugde,” sê ek.
Om ‘n lang storie baie kort te maak, het ons tot in die vroeë oggendure kliphard na die wyebroeknommers geluister en elke 20 sekondes hoendervleis gehad, en hiermee versoek ek die volgende: As jy jong kinders of tieners het, speel vir hulle die ou goed. Die régte musiek.
So sorg ons dat die mooi goed nie uitsterf nie. En voor ons sien, het ons ‘n wêreld wat oorloop van vreudge. Asseblief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie