u2019n Wu00eareldoorsig
u2019n Wu00eareldoorsig

’n Wêreldoorsig

Minette Brink
In September val die pers kollig op Alzheimersiekte, die 47 miljoen mense wêreldwyd wat met die siekte en ander demensies leef, asook families, versorgers en vriende wat hierdeur geraak word.
Berrie Holzhausen, stigter van ­Alzheimer Dementia Namibia, vertel meer oor die siekte:

Agtergrond
Daar is tans bykans 900 miljoen mense in die wêreld wat ouer as 60 jaar is. As gevolg van verhoogde lewensverwagting sal die getal ouer mense in die toekoms wêreldwyd drasties vermeerder en daarmee saam sal ’n verhoogde voorkoms van chroniese siektes, insluitende geestessiektes, plaasvind.
Na raming is daar tans 46.8 miljoen mense wat met Alzheimersiekte saamleef en hierdie getal sal byna elke 20 jaar verdubbel.

Die wêreldwye voorkoms van demensie
Volgens ’n skatting in 2015 is daar 9.9 miljoen nuwe gevalle van demensie elke jaar in die wêreld, d.w.s. ’n nuwe geval elke 3.2 sekondes.
Die meeste nuwe gevalle kom in Asië, die Amerikas en Afrika voor terwyl getalle in Europa afgeneem het.

Globale koste van die siekte
Wêreldwyd het die geskatte kostes van demensie van US$ 604 biljoen in 2012 tot US$ 818 biljoen in 2015 gestyg.
Hierdie uitgawes sluit in direkte mediese uitgawes, direkte uitgawes vir sosiale sorg en informele sorg (waarvoor nie betaal word nie). In minder ontwikkelde lande word swaarder gesteun op informele sorg as in die meer ontwikkelde lande.

Tendense in die voorkoms van gevalle
’n Mens kan nie verwag dat wêreld­neigings dieselfde sal bly oor alle streke, of selfs onder verskillende bevolkingsgroepe binne ’n land nie.
Bevindinge van verskeie studies is soms te teenstrydig a.g.v. onvoorspelbare veranderlikes om tot definitiewe gevolgtrekkings te kom.
Daar is egter waardevolle studies gedoen wat gevestigde metodologie met gedefinieerde groepe gebruik om voorspellings in verband met die siekte te maak.

Aanbevelings
Aanbevelings van Alzheimersiekte Internasionaal (ADI) ten opsigte van die beheer van die siekte sluit in dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) risikovermindering van hierdie siekte ’n prioriteit maak.
Duidelike stappe moet gekoppel word aan doelwitte en aanwysers; meer navorsing (proporsioneel tot die koste van die siekte) moet gedoen word en hierdie belegging moet eweredig versprei word tussen voor­koming, behandeling en sorg.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!