'n ‘Zombie-maker’ op Okahandja
Indien jy ’n bebloede zombie in Okahandja se strate sien loop, of kinders met oop wonde of kerse vir vingers gewaar, moet jy dalk eers aan die 15-jarige grimeerkunstenaar Theo Pretorius se deur klop, voor jy enige iets vir soetkoek opeet.
Die jongman beoefen reeds van graad 1 af ’n besonderse stokperdjie wat hy homself geleer het – grimeerkuns.
Theo, wat tuisonderrig doen, sê hy beplan om eendag ’n rolprentregisseur te wees. Intussen wil hy graag sy talent vir konserte, opvoerings en plaaslike rolprente of produksies inspan. Hy is ook onlangs deur ’n rolprentspan genader om die grimering te doen.
Hy vind sy inspirasie meestal uit bangmaakflieks en gebruik soms sy maatjies en sy hond as “projekte”. Dit is egter meestal sy ouma, me. Rina Kleynhans, wat maar as proefkonyn gereed moet staan.
Dan kry sy onder meer bebloede “wonde”, littekens of zombie-vingers. Soms maak hy video’s nadat hy homself byvoorbeeld soos ’n zombie opgemaak het.
Dit het alles begin toe ouma sy belangstelling gesien het en vir hom grimeerkunsprodukte soos lateks en vals bloed vanaf Suid-Afrika saamgebring het. Daarna het Theo in sy vrye tyd na video’s op Youtube gekyk, waar hy geleer het hoe om verskeie individuele projekte te maak.
Mettertyd het Theo ’n kenner van dié kuns geraak.
Intussen het kinders op Okahandja van sy besonderse stokperdjie te hore gekom en staan hulle soms in rye voor sy huis sodat hy hulle soos ’n zombie of na iets uit ’n ander wêreld kan laat lyk. Andersins lê sy hondjie doodstil as Theo aan hom werk – al vereis dit soms dat Theo ’n kolletjie hare moet kaalskeer vir die zombiebloed om te klou.
Dit is moeilik om heeltyd voorraad uit Suid-Afrika aan te skaf en dus het Theo intussen ’n resep gevind om vals bloed self van stroop en koringstysel te maak. Dié bloed is ook eetbaar en nie gevaarlik nie, sou dit in mense se monde beland.
Hy moet egter steeds die vals “binnegoed” en lateks koop om die wonde en stukkende velle te kan maak.
Van waar kom die talent?
Lientjie, Theo se ma, sê dit kom waarskynlik van ouma af, wat besonderse mooi koeke kan bak. Sy 18-jarige suster Lizel het ook van dié talent geërf. Sy teken mooi, beoefen fotografie en verf op skinkborde wat sy verkoop.
Belangstellendes wat graag van Theo se talent gebruik wil maak, kan sy ma by 081 712 2033 skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie