N$10 miljard se transaksies gefynkam
Inligting is verskaf oor 1 miljoen transaksies wat vir die Fishrot-saak ontleed is.
Ronelle Rademeyer
Die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) het sowat 1 miljoen transaksies ten bedrae van nagenoeg N$10 miljard gefynkam vir ongerymdhede wat met die Fishrot-ondersoek verband hou.
Dit het die transaksies van 697 besigheidsrekenings en 303 individuele bankrekenings behels en die FIC het 90 werksdae bestee om dit vir bewyse van geldwassery en ander finansiële misdrywe te ontleed.
Dié inligting het gister tydens die virtuele bekendstelling van die FIC se jaarverslag vir 2019-'20 aan die lig gekom.
Me. Leonie Dunn, direkteur van die FIC, sê die sentrum het in die boekjaar onder oorsig meer as 86 000 verslae ontleed en die relevante owerhede se aandag op N$17 miljard se transaksies gevestig waarby misdaad moontlik betrokke was. Sowat N$10 miljard het spesifiek met die Fishrot-ondersoek verband gehou.
Die FIC se mandaat is om die beweging van geld vir finansiële misdade soos geldwassery, die finansiering van terrorisme en ander finansiële oortredings te fynkam en vir verdere ondersoek met die polisie en ander belanghebbende owerhede te deel.
“Dié N$17 miljard is nou onderhewig aan ondersoeke deur wetstoepassingsowerhede en ander geïdentifiseerde finansiële intelligensie-agentskappe,” sê Dunn.
Volgens haar is die “beduidende getal van 344 werkbare intelligensieprodukte” aan die relevante owerhede voorgelê. Dit sluit in inligting waarop die FIC afgekom en spontaan aan die owerhede openbaar het, of analises wat deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC), polisie, ministerie van finansies, die kantoor van die aanklaer-generaal of buitelandse finansiële intelligensiesentrums aangevra is, sê sy.
Volgens Dunn het die FIC bygedra tot 84 ondersoeke wat deur die polisie en die ACC gedoen is.
“Die misdade wat ondersoek is, sluit in bedrog, korrupsie, wildstropery, dwelmhandel, piramideskemas en geldwassery,” het sy tydens die virtuele nuuskonferensie gesê.
Dit blyk dié ondersoeke het tot 15 skuldigbevindings en vonnisse vir geldwassery gelei.
“Verder is daar nog 50 ander sake met elemente van geldwassery-oortredings wat tans in die proses is om verhoor te word,” het sy gesê.
Die internasionale bom oor reuseomkopery met viskwotas aan die Yslandse maatskappy Samherji, het vroeg in November verlede jaar gebars. Dit het tot die inhegtenisneming van die sogenaamde Fishrot-6 gelei.
Hulle is die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernhard Esau, die voormalige minister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, Esau se skoonseun, mnr. Tamson “Fitty” Hatuikulipi, sy neef, mnr. James Hatuikulipi en mnre. Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo.
(James) Hatuikulipi was die voorsitter van die regering se vismaatskappy, Fishcor, en die voormalige besturende direkteur van Investec Asset Management Namibia.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie