N$100 miljoen aan reiskoste gespaar
N$100 miljoen aan reiskoste gespaar

N$100 miljoen aan reiskoste gespaar

Jaarliks word sowat N$200 miljoen vir regeringsamptenare se reistoelae opsygesit.
Ogone Tlhage
Ogone Tlhage – Die reisbeperking van hooggeplaaste regeringsamptenare as gevolg van die Covid-19-inperking het die land vanjaar sowat N$101 miljoen in reiskoste gespaar.

Pres. Hage Geingob en ander regeringsamptenare het sedert Maart reise vanuit Namibië beperk ter nakoming van wêreldwye inperkings om die verspreiding van die coronavirus te bekamp.

Geingob het in Februarie vanjaar aangekondig dat hy tot Junie geen internasionale reise sou onderneem nie. Hy het sy ministeries aangemoedig om nie internasionaal te reis nie, tensy dit noodsaaklik en in die land se beste belang is.

In die begroting was N$222 miljoen uitgesit vir die regering, insluitend die president, se reiskoste. Tot hede is N$15.8 miljoen hiervan bestee. Dit is slegs 7.1% van die bedrag waarvoor begroot is.

“Die geld wat in hierdie tydperk bestee is, was vir binnelandse reise gebruik. Die reise was hoofsaaklik vir Covid-19-verwante missies,” het die woordvoerder van die ministerie van finansies, mnr. Tonateni Shidhudhu, gesê.

Volgens inligting verskaf deur die ministerie van finansies, het die regering gedurende dieselfde tydperk verlede jaar N$116 miljoen van die toegekende begrotingsbalans van N$263 miljoen bestee.



GEINGOB SE TERSAAKLIKE REISE

Die staatshoof se reise is in 2018 deur The Namibian uiteengesit. Die dagblad het vasgestel dat Geingob sedert sy aanstelling in 2015 reeds sowat 15 lande besoek het.

Hy het onder meer China, Kenia, Mauritius, Kanada, Brittanje, Angola, Malawi, Nigerië, Ethiopië en Portugal besoek.

Aan die einde van 2018 het Geingob byna N$850 000 in reistoelaag ontvang.

Volgens Geingob is dié reise nood­saaklik en 'n belangrike deel van sy aanstelling.

“Op my ouderdom is dit nie aldag lekker om te reis nie. Die privaatstraler maak dit egter veel geriefliker.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!