N$100 miljoen vir demokratiese deelname
Die Europese Unie gaan 6 miljoen euro bewillig om openbare gesprekvoering in Namibië te bevorder.
Augetto Graig
Die Europese Unie (EU) sal oor die volgende vyf jaar 6 miljoen euro (meer as N$100 miljoen) aan die EPDN-program (Bevordering van deelnemende demokrasie in Namibië) bewillig.
Die ambassadeur van die EU in Namibië, me. Sinikka Antila, het by die eerste belanghebbergeleentheid vandat werk aan dié program ses maande gelede begin het, in die parlement gesê die EU ondersteun al vir 'n geruime tyd die Namibiese parlement, regeringsinstansies en ook burgerlike organisasies.
“Ons het aktief en deur verskillende tematiese instrumente, goeie bestuur en openbare dialoog bevorder. Die EPDN-program bring nou dit alles bymekaar in een omvattende program wat deur die EU teen 'n totale bedrag van 6 miljoen euro oor die volgende vyf jaar gefinansier word,” sê sy.
Sy sê die hartklop van die program is die toelae aan belangrike nieregeringsorganisasies in Namibië, die tegniese hulpspan en die program se bestuurskomitee “wat die verskillende belanghebbers betrokke by die EPDN verteenwoordig en weerspieël,” sê sy.
“Saam, glo ek, sal julle van hierdie ambisieuse program 'n groot sukses maak.”
Die nieregeringsorganisasies wat direkte toelae sal ontvang, is:
• die Regain Trust (RT), om burgerlike deelname in onderwys te bevorder;
• die Development Workshop Namibia (DWN) vir die bevordering van sanitasiegeriewe in informele nedersettings;
• die Hanns Seidel-stigting wat hande met die Desert Research Foundation of Namibia (DRFN) vat vir die bevordering van volhoubare bosbestuur;
• die Integrated Rural Development and Nature Conservation Trust (IRDNCT) en die Namibië Ontwikkelingstrust (NDT) wat gemeenskaplike natuurbewaringsgebiede steun; en
• die Namibia Nature Foundation wat die bestuur van gemeenskapsbaseerde natuurlike hulpbronne behartig.
Volgens mnr. Getinet Gadena, spanleier vir die drielid tegniese hulpspan, sal hulle dieselfde hulp aan die sekretariaat van die parlement, parlementslede, regeringsinstansies en burgerlike organisasie bied om die ruimte vir samewerking te versterk en deelname te bevorder.
'n KWESSIE VAN OORLEWING'
Die kenners beoog stelselmatiese, gereelde en institusionele gesprekke, brei hy uit.
“Maak gebruik van hierdie geleentheid om die verbeterde toegang effektief te benut,” het hy belanghebbers aangeraai.
Die bestuurskomitee bestaan uit lede van die ministeries van onderwys, tegnologie en vernuwing en stedelike en landelike ontwikkeling, lede van die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad, 'n verteenwoordiger van die Nasionale Beplanningskommissie (NPC) as voorsitter, en drie lede van nieregeringsorganisasies.
Die komitee het reeds sy eerste vergadering in Februarie 2021 gehou.
Volgens mnr. Graham Hopwood van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), wat ook 'n lid van die nuwe bestuurskomitee is, geniet nieregeringsorganisasies in Namibië baie vryheid in vergelyking met vele ander lande, en kan relatief onbelemmerd werk.
“Daar is baie werk om te doen en ons kwessie oor die algemeen is nie dat ons onderdruk, geteister of op straat in hegtenis geneem word nie, maar om volhoubaar in moeilike finansiële omstandighede te bly. Die meeste organisasies is in 'n stryd vir oorlewing,” sê hy.
Werkers in die sektor word ernstig bedreig, terwyl die meeste nie werksekuriteit of basiese voordele geniet nie, sê hy.
Ten spyte daarvan is dit ongelooflik wat burgerlike organisasies in Namibië kan vermag deur hul werknemers se toewyding, sê Hopwood.
“Die openbare beeld van burgerlike organisasies verbeter. Daar is baie aan die gang, nie net in terme van protes nie, maar soos Tippie Taps, Covid-bekamping, gesondheid en aktivisme vir omgewingsbeskerming,” sê hy.
Die toename in die gebruik van sosiale media dui op die potensiaal vir meer, sê hy.
“Ek hoop die EPDM help om toekomstige verbintenisse met die parlement meer betekenisvol te maak. Ons benodig almal om ons wedersydse agterdog te laat vaar en om die nuwe samewerkingsgeleentheid te omhels. Daar is soveel wat ons saam kan uitrig,” het Hopwood gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie