N$1,2 miljoen se topgenetika vir ministerie
Semen afkomstig vanaf die beste Bonsmara-bulle in die land is aan die ministerie van landbou, water en bosbou geskenk.
Ronelle Rademeyer
Die Bonsmara-teler dr. Joggie Briedenhann het verlede week 4 000 strooitjies wat die gevriesde semen van 31 topbulle uit sy bekende Hartebeestloop-stoet bevat, aan die ministerie van landbou, water en bosbou geskenk.
Die waarde van dié skenking is N$1,2 miljoen.
Mnr. Percy Misika, permanente sekretaris in dié ministerie, het tydens die geleentheid gesê Namibië het 'n gesonde grondslag vir lewendehaweproduksie danksy die toewyding van telers en produsente in die land.
Hy sê Namibië is een van net 'n paar Afrikalande wat steeds 'n wye verskeidenheid van bees- en skaaprasse het en gevolglik ook oor 'n groot genepoel beskik.
“Namibië moet voortbou op die bewaring van hierdie genepoel – nie net vir gebruik nou nie nie, maar ook om in die toekoms die negatiewe impak van klimaatsverandering teen te werk,” het Misika gesê.
Die Bonsmara kan maklik by kommunale sowel as kommersiële boerderystelsels aanpas vanweë onder meer die ras se hoë vrugbaarheid, sê hy.
Misika het Briedenhann vir sy volgehoue toewyding in die bevordering van die ras geloof en gesê die skenking sal aangewend word om die gehalte van die nasionale kudde te verbeter en die volhoubare ontwikkeling van die vleisbedryf in die land te verseker.
Dit sal deur middel van kunsmatige inseminasie toegedien word. “Dit is 'n duur en delikate proses en vereis goeie infrastruktuur, goeie kuddebestuur en deeglike administrasie van die vroulike diere in 'n kudde. Teen hierdie agtergrond sal die ministerie toesien dat die semen nie verlore gaan nie.”
Briedenhann het op sy beurt gesê een ding wat hy opgemerk het in sy uitgebreide samewerking met boere in die land, is die negatiewe impak van konstante inteling en die gebruik van swak genetiese materiaal.
Hy het in dié verband verwys na die gebruik van bulle wat nie aan prestasietoetsing onderwerp is nie en wat dan gebruik word om met sy nageslag te teel. Dit beïnvloed ekonomies belangrike eienskappe soos speengewigte, kalwers se groei ná spening en vrugbaarheid en ly tot 'n groot verlies aan inkomste vir produsente, sê hy.
“Die semen is afkomstig van topbulle uit 'n prysklas van tussen N$100 000 en N$800 000. Dit sluit bulle in wat 'n groot invloed op die Bonsmara-ras wêreldwyd gehad het. Dit is nie net semen nie, maar getoetse en beproefde genetiese materiaal van uitstekende behalte,” het Briedenhann gesê.
Dit word boonop vergesel van aanbevelings oor die tipe produksiestelsels waar dit die beste aangewend kan word tot voordeel van die produsente, soos byvoorbeeld vir speenkalfproduksie, slagosproduksie of om vervangingsverse mee te teel.
Die jaarlikse veiling van Bonsmara-bulle vind Vrydag op Hartebeestloop buite Stampriet plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie