N$1,3 miljoen se dagga gekonfiskeer
Leandrea Louw op Swakopmund – Erongo se afdeling vir dwelmwetstoepassing het verlede Dinsdag ’n Kongolese man (31) by ’n kompleks oorkant die Shell-diensstasie in Nelson Mandelastraat op Swakopmund in hegtenis geneem. Die verdagte was in die besit van 2,7 kg dagga ter waarde van N$1,35 miljoen.
Hy sou na verwagting verlede week in die landdroshof verskyn het op ’n klag van handeldryf of alternatiewelik die besit van dagga.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die verdagte reeds ’n hangende dwelmsaak teen hom. Hy is in Mondesa met 1 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$500 in hegtenis geneem. Dié saak is tot 12 Julie uitgestel.
NOG IN HEGTENISNEMINGS
In nog ’n saak is ’n man (26) in Mondesa verlede week Donderdag in hegtenis geneem weens die handel met crack-kokaïen en kokaïenpoeier. Hy is by die enkelkwartiere naby die Continental-kroeg in hegtenis geneem.
Mnr. Eddieson !Auxab het sy eerste hofverskyning verlede Maandag gemaak. Hy is in die besit van 98 eenhede van crack-kokaïen en 2 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$10 800 gearresteer.
Verlede Vrydag is ’n 33-jarge man in die besit van 23 bankies dagga ter waarde van N$2 000 dagga tydens ’n polisieoperasie in Narraville op Walvisbaai in hegtenis geneem. Mnr. Charles Kisting het verlede Maandag sy eerste hofverskyning gemaak.
Ook op Vrydag is ’n 36-jarige man in die omgewing van die Narraville-sokkervelde in die besit van agt bankies dagga en 14 pakkies onwettige sigarette ter waarde van N$514 in hegtenis geneem. Mnr. Ralph Thomas het verlede Maandag die eerste keer in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie